Silwerware vir die voorste klubspanne
Hokkie
Met die 2019 Bank Windhoek binnenshuise hokkieliga onlangs afgehandel, het die Namibiese Hokkie-unie (NHU) die afgelope Saterdag sy prysuitdeling by die skougronde in die hoofstad aangebied.
Medaljes en trofeë is aan die wenspanne in die premier-, reserwe-, eerste asook tweede ligas vir mans en vroue oorhandig.
Saints is as die beste klub vergoed wat beide die premierligatitels in die mans- en vroue-afdeling gebuit het. Hulle palm ook die mansreserweliga se titel in, terwyl die Angels se vroue met dié kroon wegstap.
Die mans eersteligatitel het na Sparta van die Erongo-streek gegaan, terwyl Angels se vroue hier seëvier.
Windhoek Old Boys-sportklub raap beide titels vir mans en vroue in die tweede liga op.
Marc Nel, president van die NHU, het die NHU se hoofborg asook die deelnemende spanne bedank.
“Baie geluk aan die wenspanne en al die spanne wat die afgelope seisoen goeie vertonings gedurende die kompetisie gelewer het. Baie dankie aan Bank Windhoek wat dit vir ons moontlik gemaak het,” het Nel by die prysuitdeling gesê.
VELDHOKKIE
Volgende op die NHU se agenda is die Bank Windhoek veldhokkiereeks wat vroeg in Julie sal afslaan.
Spelers en spanne is reeds besig met voorbereiding om aanstaande maand opnuut die stokke te laat klap.
Die hokkiegemeenskap is ook vol hoop vir die nasionale vrouespan se deelname vandeesmaand in Spanje aan die 2020 Olimpiese uitduntoernooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie