Sien só wat jou kinders op hul fone aanvang

Geen app perfek

19 June 2019 | Tegnologie
Petrus Malherbe – Eers was daar Facebook, WhatsApp en Twitter. Toe kom Snapchat, Instagram en platforms soos TikTok en Kik en vele ander waarvan jy dalk nog nie eens gehoor het nie. Dit is deesdae ’n nagmerrie vir ouers om te beheer waar hul kroos hul tyd aanlyn deurbring. Hier is raad.

Volgens navorsing deur Ofcom, die Britse departement van kommunikasie, het 83% van tieners tussen 12 en 15 jaar oud vandag ’n slimfoon.

50% van hierdie tieners gebruik dit as hul primêre bron van internettoegang.

Gelukkig is daar heelparty apps wat ouers kan help om enersyds te monitor waarna hul bloedjies op hul slimfone kyk, maar ook hoeveel tyd hulle op die toestel deurbring.

Deesdae is die toeganklikheid van pornografiese inhoud nie eens meer ouers se grootste kopseer nie, maar eerder vreemdelinge wat met kinders begin gesels op die tallose platforms waarop hulle beland.

Ongelukkig is geeneen van die apps tot ouers se beskikking perfek nie. Die meeste apps bied soortgelyke funksies:

1. Net Nanny

Net Nanny bestaan reeds bykans sedert die ontstaan van die internet. Dit is reeds dekades lank een van die kernprogramme wat ouers op veral rekenaars installeer om te keer dat kinders onvanpaste webwerwe besoek.

Deesdae het Net Nanny ’n gevorderde slimfoon-app waarmee jy ’n verskeidenheid aktiwiteite op jou kinders se fone kan monitor.

As ouer kry jy ’n oorsig van al jou kinders se aktiwiteite op ’n enkele app op jou foon. Net Nanny monitor watter apps Boetman of Ousus aflaai, hoeveel tyd hulle daarop deurbring sowel as waar hulle wastoe hulle die app besoek het.

Dit monitor ook waarna jou kinders op die internet soek en blokkeer onvanpaste webwerwe, waaronder webwerwe wat melding maak van kwessies soos selfdood, wapens en dwelms.

Jy word dadelik in kennis gestel as jou kinders een van hierdie webblaaie probeer besoek.

Net Nanny is wel baie duur en kos byna R850 per jaar vir vyf toestelle.

2. MMGuardian

Teen sowat R500 per jaar is MMGuardian heelwat goedkoper, met baie soortgelyke funksies as Net Nanny.

Jy kan dophou hoeveel tyd Sussie op haar foon deurbring en sien watter apps sy aflaai. Sodra ’n nuwe app afgelaai word, kry jy dadelik ’n kennisgewing en kan jy kies of jy die nuwe app wil blokkeer of nie.

Jy kan ook toegang tot bestaande apps op jou kinders se fone blokkeer. As jy wil hê Boetman moet nou eers fokus op sy huiswerk, kan jy die app stel om toegang tot byvoorbeeld Instagram en WhatsApp vir ’n paar uur te blokkeer.

Jy kan ook kernwoorde aanwys sodat jy ingelig word as jou kinders onvanpaste SMS’e stuur. Dié funksie geld wel nie vir boodskappe op WhatsApp of Messenger nie, net met die foon se ingeboude boodskapdiens.

3. Norton Family

Norton, die bekende vervaardiger van antivirusprogrammatuur, het ook ’n handige app vir huishoudings wat gebruik maak van Android-toestelle en Windows-rekenaars.

Dit sluit in ’n opsporingstelsel (weet te alle tye waar jou kinders is), skedulering van wanneer jou kinders hul fone mag gebruik sowel as filters teen onvanpaste webwerwe en dies meer.

Baie van Norton Family se funksies werk nie tans op iOS nie, wat dit meer ideaal vir ’n Android-huishouding maak.

Die goeie nuus is ook dat Norton Family gratis ingesluit is by Norton se premium antivirusprogrammatuur, wat R800 per jaar kos.

Daarmee kry jy antivirusprogrammatuur vir tot tien toestelle.

4. Kaspersky Safe Kids

Kaspersky, nog ’n bekende vervaardiger van antivirusprogrammatuur, het ook sy eie app vir ouers.

Kaspersky Safe Kids het ’n lekker funksie wat ander, soortgelyke apps nie het nie. Jy kan daarmee monitor met wie jou kinders op Facebook gesels.

Jy kan ook sien met wie hulle vriende raak en watter plasings hulle maak. Vanselfsprekend moet jy self Facebook-vriende met jou kinders wees om dié inligting te sien.

Andersins bied dit dieselfde funksies as soortgelyke apps, soos die nagaan van jou kinders se ligging en die blokkering van onvanpaste webwerwe.

Ingesluit is ook ’n funksie waarmee jy ’n kennisgewing kry sodra jou kinders (of minstens hul fone) buite ’n bepaalde gebied beweeg. Só kan jy agterkom as Boeta dalk saans uitglip om by sy nuwe nooi te gaan kuier.

Kaspersky Safe Kids is redelik goedkoop teen R225 per jaar. Dit het ook ’n gratis opsie waarmee jy jou kroos se aanlyn aktiwiteite kan monitor en beperkings stel op hoeveel tyd hulle op hul toestelle kan deurbring.

5. Gratis opsies

Afgesien van bogenoemde betaalopsies is daar ook apps wat sekere van dié funksies gratis bied.

· Apple het byvoorbeeld ’n ingeboude funksie in iOS waarmee ouers kan beheer watter apps hul kinders aflaai en hoeveel tyd hulle daarop deurbring.

· Google se Family Link bied soortgelyke funksies op Android-toestelle.

Daar is nog gratis opsies, maar baie daarvan kan maklik gesystap word deur kranige tieners wat net ’n bietjie op hul foon rondspeel.

Dit is dus slim om maar eerder in ’n behoorlike program te belê om seker te wees jy weet ten alle tye wat jou kinders op hul selfone aanvang. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Operasie Kalahariwoestyn hervat

2 ure gelede | Polisie

Die omstrede teenmisdaadoperasie Kalahariwoestyn hervat eerskomende Maandag.Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het Dinsdagmiddag in Windhoek gesê die veldtog en sy voorganger, Hornkrantz, help om...

Chasing your dream

18 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

18 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

18 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

18 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

18 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

18 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

18 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...