Sien ons Steffi in Survivor SA

26 April 2019 | Kuns en vermaak
Francoise Steynberg - Mej. Namibië 2015, Steffi Brink (27), is een van 21 deelnemers aan die werklikheidsreeks Survivor SA, wat op een van die Samoa-eilande verfilm is.

Steffi (née Van Wyk) kon gister telefonies uit Johannesburg nie veel aan Republikein uitlap oor dié gewilde reeks nie, omdat dit eers in Mei uitgesaai word.

Seisoen 7 staan juis as Survivor SA: Island of Secrets bekend.

Sy sê die feit dat sy in Namibië op ’n plaas grootgeword het, het baie gehelp.

Steffi is nou wel ’n skoonheidskoningin wat die sporttitel in 2015 in China by die Mej. Heelal-kompetisie opgeraap het, maar sy is beslis nie ’n pieperige poppie nie.

“Ek het my bes gedoen,” sê sy.

Steffi is bekend as skoonheidskonigin, model, fiksheidsfanatikus en vrou van die bekende Suid-Afrikaanse sepiester Clint Brink, wat in Binnelanders as dr. Steven Abrahams te sien is.

Sy sê die Samoaanse eiland waar hulle vroeg vanjaar aan Survivor SA begin verfilm het, is asemrowend mooi en baie warm.

“Daar is wel baie muskiete, maar gelukkig geen slange nie, en baie eetbare krappe.”

Om haarself liggaamlik en sielkundig op die ervaring voor te berei, sê Steffi sy het vooraf geen oefeninge met gewigte gedoen nie, sodat sy nie uitstaan en as ’n bedreiging deur die ander deelnemers gesien word nie.

“Ek het opgehou met gewigte oefen en net geswem en pilates gedoen. Ek het die Daniël-vas gedoen en alle vleis en diereprodukte uitgesny om myself op geen proteïene op die eiland voor te berei,” sê sy.

Steffi sê sy was baie honger op die eiland.

“Om honger te wees, het beslis ’n uitwerking op jou en dit het by tye gevoel of jy meer katterig is as jy honger is.”

Steffi sê die sielkundige aspek van Survivor was selfs moeiliker, en haar grootste uitdaging was om met mense te werk.

“Survivor staan nie verniet as die grootste sosiale eksperiment in die wêreld bekend nie. Jy kan nie die kompetisie met ’n wedstrydplan ingaan nie, want dinge verander voortdurend,” sê sy.

“Dit was vir my ’n lewensveranderde ervaring. Ek is ’n beter mens ná Survivor en ek het die beste volgens my vermoëns gedoen. Ek is trots op myself.”

Sy sê ná ’n oorlewingservaring op ’n eiland saam met ander deelnemers “word mense soos familie”.

Steffi hoop om die vermaakwêreld in die toekoms te betree ná sy ’n dramakursus by die veteraanaktrise Brümilda van Rensburg gedoen het.

Volgens haar wil sy en manlief Clint beslis kinders hê, “maar ons kyk wat die Here vir ons inhou en ons beplan nie nou vir kinders nie”.

Survivor SA: Island of Secrets begin op 16 Mei om 19:00 op M-Net (DStv-kanaal 101).

Soortgelyk

 

Vlieëniers vlieg ‘blind’

7 ure gelede | Vervoer

CATHERINE SASMAN – Lugrederye in Namibië en dié wat deur die land se lugruim vlieg, is ontstoke oor die plaaslike burgerlugvaartowerheid (NCAA) se besluit om...

Kragskouspel in Windhoek

7 ure gelede | Plaaslik

Tanja BauseGister het 'n NamPower-transformator van 175 ton deur Windhoek gereis op pad na die Gerus-substasie naby Otjiwarongo, waar dit vandaan kom.Die transformator is in...

Onderwysministerie: Drywer vas oor ivoor

7 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg - ’n Drywer van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur is gister omstreeks 03:00 in verband met die onwettige besit van olifanttande...

Bottelneusdolfyne floreer ná stranding

7 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh Minstens 25% van Namibië se totale bottelneusdolfynbevolking het sedert 1991 reeds gestrand geraak, maar byna almal het oorleef. Dit laat navorsers wonder of...

Weer vir 18 Julie

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm maar baie warm in die noordelike streke.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig, maar warm oor die sentrale kus.GETYE BY WALVISBAAI: L: 10:11...

Nuwe baadjie vir bib, argief

7 ure gelede | Ministeries

Die gebou wat die Nasionale Biblioteek en Nasionale Argiewe van Namibië huisves, gaan opgeknap word.Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê in ‘n verklaring...

Bewaringskool gooi sy deure oop

7 ure gelede | Omgewing

Die Onguta AfriCat Mobiele Laerskool het op 11 Julie sy deure vir kinders en die gemeenskap van die Ehirovipuka-bewaringsgebied in die Noordweste oopgemaak. Vyf jaar...

Geingob maan oor voorvaderlike grondeise

7 ure gelede | Regering

Jemima Beukes - President Hage Geingob het gewaarsku die emosionele kwessie van voorvaderlike grondeise, indien dit vir politieke gewin gebruik word, kan ’n burgeroorlog ontketen....

Swakop se vuurtoring bewaar

7 ure gelede | Plaaslik

Erwin Leuschner – Swakopmund se estetika-komitee het die nuutste ontwerp vir ’n beplande ontwikkeling by die dorp se voormalige binnenshuise swembad afgekeur. Dít omdat ’n...