Shishani help die San

'Behoort 'n nasionale projek te wees'

31 May 2021 | Kuns en vermaak
Tanja Bause – Die Namibiese sangeres Shi­shani Vranckx wat nou in Nederland woon, het saam met Namibia Tales 'n veldtog vir skarebefondsing van stapel gestuur om die San-gemeenskappe in Namibië se las ligter te maak.

“Die hoktyd en die afname in toeriste weens Covid-19 het kwesbare gemeenskappe in Namibië beïnvloed. Ons kontakpersoon en gids in Tsumkwe het na ons toe uitgereik en vir hulp gevra. Ons het in Desember besluit om geld van ons gehore, vriende en familie in te samel,” het Shishani gesê.

Tot dusver is sowat N$13 400 vir die San ingesamel en het hulle twee keer kos afgelewer. Hulle gaan nog 'n veldtog van stapel stuur om nog geld in te samel.

“Ons ondersteun die Nama-pan-, //Xao /Oba- en Nhoma-gemeen­skappe in die Tsumkwe-omgewing. Dit is sowat 80 mense. Dit is die gemeenskappe wat ons tydens ons musikale samewerking met die San in 2012 en 2018 gebruik het. Ons het dus gevoel dit is ons verantwoordelikheid om te help waar en soos ons kan. Die probleem van armoede en toegang tot hulp, is natuurlik baie groter as wat ons as individue kan aanpak. Dit behoort 'n nasionale projek te wees om die mense wat die meeste geraak word te help.”

In 2015 het Shishani saam met Sjahin During ('n slaginstrumentspeler en vervaardiger) Namibia Tales begin. Dit is 'n akoestiese, Amsterdamse kwartet wat in die musikale tradisies van Namibië delf. In 2016 het hulle die Best World Music Album-toekenning van Nederland met hul album Itaala gewen.

In Junie 2017 het die kwartet Namibië toe gekom om met vier San-vroue in die Kalahari te werk. Saam het hulle die album Kalahari Encounters opgeneem wat in 2017 weer dié toekenning gewen het. In 2018 het Namibian Tales saam met vier San-vroue van die //Xao/oba-nedersetting 'n album vrygestel en deur Nederland, Europa en Namibië getoer.

Namibiërs en mense van oor die wêreld kan deur die GoFundMe-skarebefondsingplatform https://www.gofundme.com/support-san-communites-in-namibia-2/donate 'n skenking maak.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Profeet TB Joshua sterf

5 ure gelede | Mense

Die bekende evangelis en filantroop, past. Temitope Balogun (TB) Joshua, is dood.Is het Saterdagaand, 'n week voor sy 58ste verjaardag, in Lagos, Nigerië gesterf, berig...

Polisieman in Kuisebmond doodgesteek

14 ure gelede | Misdaad

'n Konstabel wat by die polisiekantoor in Kuisebmond diens doen, is in die vroeë oggendure Saterdag dood nadat hy naby sy meisie se huis deur...

Ses sterftes stoot syfer oor 900, 480 nuwe gevalle

21 ure gelede | Gesondheid

Ses nuwe sterftes stoot die totale syfer vir Namibië oor die 900-kerf tot 905. Die sterftes is vier in Windhoek en een elk in Outjo...

Covid-19: Gevalle styg in 24 uit 35 distrikte

1 dag gelede | Gesondheid

Namibië bly in die kloue van ‘n nuwe brander Covid-19-infeksies.Gedurende die sewe dae tot Donderdag het nuwe gevalle in 24 van die land se 35...

22 sterftes, 596 nuwe gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer vir Namibië skiet met nog 22 - 12 in Windhoek, twee in onderskeidelik Rehoboth en Walvisbaai, drie in Mariental en een elk...

Rehoboth soek strenger aandklok-monitering teen Covid

2 dae gelede | Gesondheid

Die United People's Movement (UPM) het die streeksbevelvoerder van die polisie in die Hardapstreek, komm. Andries van der Byl, gevra vir polisieversterkings op Rehoboth sodat...

Beesvleisforum vorder met abattoirplan

2 dae gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – ’n Groep bekommerde beesprodusente wat ten alle koste Namibië se nismarkte in die buiteland vir die voortbestaan van dié bedryf wil beskerm,...

Avonturier verdrink byna tydens riviervaart

2 dae gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – ’n Suid-Afrikaanse avonturier wat verlede week ná 55 dae en 2 200 km in sy geel roeiboot die Oranjerivier se monding by...

Harmse on unlimiting the future

2 dae gelede | Mense

Barney Harmse was born in Mafikeng in South Africa in 1970 and his family moved to Namibia when he was just four years old. From...