Shifeta vat anti-jagters vas
Shifeta vat anti-jagters vas

Shifeta vat anti-jagters vas

Geld wat met trofeejag verdien word, gee aan gemeenskappe 'n rede om wild te beskerm en grond vir hulle opsy te sit, wat beteken wild in Namibië floreer.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – “Die volhoubare verbruik van wild deur jabedrywighede gee aan landelike gemeenskappe die nodige aansporing om wild te beskerm en te laat floreer.

“Inteendeel, alle getalle van wild in die land is besig om te groei, wat beteken ons is op die regte pad.”

Die minister van omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het Dinsdag tydens die Professionele Jagtersvereniging van Namibië (Napha) se jaarvergadering hom uitgespreek teen diegene wat teen jagbedrywe gekant is en gesê professionele jagters se dryfkrag is juis bewaring.

“Die Grondwet bepaal ons moet biodiversiteit beskerm en dat Namibiërs van nasionale hulpbronne gebruik moet maak, solank dit volhoubaar gedoen word - dis ons mandaat.

“Niemand kan ons vertel wat ons met ons wildlewe moet doen nie - soos ons dit doen, groei alle spesies se bevolking tans, wat wys ons is op die regte pad.”

Hy het gesê jagbedrywighede dra bykans 50% by tot die inkomste van die Gemeenskapsgebaseerde Natuurlike Hulpbronne-bestuursprogram (CBNRM).

“Dit is ook die grootste aansporing vir kommunale bewoners om grond vir wild opsy te sit en dit deur die veldwagterprogram asook veldgebaseerde monitorstelsels te beskerm. Verder dra dit by tot die veerkragtigheid van landelike gemeenskappe in tye van droogte en klimaatsverandering.

“Terselfdertyd is dit ‘n belangrike bron van inkomste vir tot die helfte van alle kommersiële plase,” het hy gesê.

WILDGETALLE GROEI

Die minister het daarop gewys daar was voor onafhanklikheid minder as 7 000 olifante in die land oor, terwyl die getal nou op meer as 23 000 staan.

“Sedert wetgewing in 1996 ingestel is wat kommunale gemeenskappe eienaarsreg op wild gee, het die leeubevolking in die noordweste van die land, buite bewaringsgebiede, van 25 individue tot minstens 150 en soms tot soveel as 180 vermeerder. Daar is ook sowat 450 leeus in die Etosha Nasionale Park,” sê Shifeta.

“Dit is belangrik dat gemeenskappe self bewaringsaktiwiteite in hul gebiede moet bestuur.”

AKTIVISME

Shifeta sê Namibië kan trots wees op wat deur wildbewaring behaal is, maar dat die sukses ook al hoe meer internasionale aandag op die land vestig en kritiek lok.

“Ons het teenstanders wat moontlik nooit die volhoubare gebruik van wild of jagbedrywe sal steun nie. Sommige bly in ons land en raak enige iets op sosiale media kwyt.

“Aan hulle sê ek: Ons respekteer jou vryheid van spraak, maar moet asseblief nie vals gerugte oor ons land versprei nie.

“Neem die praktiese realiteit in oënskou. Die feit dat ons wildgetalle tans so sterk vertoon, is danksy Namibiërs se passie vir wildbewaring. Ons kon almal gejag en doodgemaak het, maar ons pas wetenskap toe en bring balans in ‘n omgewing waar mens en dier moet saamwoon.

“Toon ons asseblief die nodige respek.”

Hy het gesê kritiek teen jag en inmenging kom dikwels uit lande waar mense reeds al hul wild uitgeroei het.

“Hulle wil vir ons vertel wat ons met ons wild moet doen! Dit is soos ‘n onderwyser wat ‘n vak gedruip het en nou probeer om leerlinge vir ‘n eksamen voor te berei. Dit is net nie logies nie.”

“Ons ministerie asook die groter bewaringsgemeenskap het iets reggekry wat baie ander lande ons beny. Ons bewaringverhaal is ons trots.”

Hy het jagters aangemoedig om sterk jagetiek te toon en te alle tye gehoor aan jagregulasies te gee omdat Namibië nie kan bekostig om sy swaarverdiende beeld te skaad nie.

MENS-DIER-KONFLIK

Hy het gesê mens-dier-konflik is terselfdertyd ‘n toenemende probleem, veral wat betref olifante en leeus.

“Die groter wildbevolking tesame met die groei van die mensebevolking en die feit dat mense al hoe meer in byvoorbeeld olifante se habitat leef, het dit tot groter mens-dier-konflik gelei.”

Terselfdertyd het Namibië meer as 700 leeus asook ander groot karnivore wat konflik kan veroorsaak as hulle vee vang.

Shifeta het gesê jaarliks word jong leeumannetjies uit hul troppe in die Etosha Nasionale Park verstoot, waarna hulle dikwels na gebiede buite die park beweeg.

“Jaarliks word sowat 25 tot 35 leeus buite die park gedood omdat hulle lewende hawe bedreig. Ons vermoed die getal is egter baie groter omdat alle gevalle waarskynlik nie aangemeld word nie.”

Hy het ook gesê grondeienaars op die suidelike grens van Etosha begin al meer met wild boer en van die leeus woon nou al permanent op die plase.

“Om die vloei van genetika te bevorder, skep ons ‘gange’ vir die beweging van wild waar leeu-mens-konflik bestuur kan word. Die doel is om die gange te verbind sodat dit via bewaringsgebiede ‘n deurgang tussen die Skedelkus en die Etosha Nasionale Park bied.

Shifeta het ten slotte gesê Namibië het oorlog teen stropery verklaar.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.38/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.88% | Zinc US$ 2 893.10/T UP 1.36% | Brent Crude Oil US$ 89.30/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.38/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.88% | Zinc US$ 2 893.10/T UP 1.36% | Brent Crude Oil US$ 89.30/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022