Shifeta: Olifante sterf dalk weens stres

Oorbevolking in Kaza

15 July 2020 | Omgewing
Ileni Nandjato op Ondangwa - Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, sê mense wat nie natuurlike hulpbronne wil oes nie kan moontlik die rede vir die raaiseldood van honderde olifante die afgelope maande in die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied (Kaza) wees.

Meer as 300 olifantkarkasse is sedert Mei in die Okavango-delta gevind.

Shifeta het gesê weefselmonsters is van die dooie olifante geneem, maar laboratoriums kon nie die oorsaak van hul dood vasstel nie.

Shifeta wat Vrydag op Ondangwa die projek, Namibia Integrated Landscape Approach for Enhancing Livelihood and Environmental Governance to Eradicate Poverty (NILALEG), van stapel gestuur het, sê hy vermoed die diere ervaar stres weens oorbevolking in die gebied.

Shifeta het gesê slegs in die Kaza-gebied is daar meer as 200 000 olifante. Namibië, Angola, Botswana, Zambië en Zimbabwe is lidlande van Kaza.

“Honderde olifante vrek in Botswana in die Kaza-gebied. Dit is ‘n feit dié gebied het ‘n bevolking van olifante tien keer meer as sy drakrag.

“Die olifante het alles vernietig omdat die mededinging tussen hulle so hoog is. Hierdie olifante is moontlik sterwend weens stres, want die monsters wat geneem is kon nie die oorsaak van hul dood vasstel nie. Stres maak meer diere dood as siektes en daarom is daar geen bevindings nie,” het Shifeta gesê.

Volgens Shifeta is mededinging tussen olifante in die omgewing baie hoog en sommige boomspesies het verdwyn wat daartoe lei dat olifante hongersnood ervaar.

OPLOSSING

Shifeta het gesê omdat die oes van olifante nie toegelaat word nie, moet deeglike navorsing gedoen word om ‘n oplossing te vind.

“Daar is diegene wat oningelig is wat nie ons eie hulpbronne wil oes nie. Ons sê ons het ’n probleem met oorbevolking van sommige wildspesies en die drakrag kan nie gehandhaaf word nie,” het Shifeta beklemtoon.

“Diegene wat wild navors, moet deeglike navorsing doen om ‘n oplossing te vind.”

By die Wildlewe Ekonomiese Beraad wat in Victoria Falls gehou is, het Namibië by Botswana, Zambië en Zimbabwe aangesluit om op die verkoop van hul ivoorvoorrade aan te dring.

Hulle versoek is verwerp ondanks hul verweer dat ivoorhandel toegelaat moet word op grond daarvan dat wettige handel onwettige markte sal uitskakel en die inkomste vir wildbeskerming aangewend kan word. - [email protected]

Soortgelyk

 

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

1 uur gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

5 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

16 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

16 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

16 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

16 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

16 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...

Japanese embassy lends helping hand

16 ure gelede | Onderwys

AI Steenkamp Primary School in Windhoek inaugurated five new classrooms as well as a storeroom on 6 August with aid from the Japanese embassy through...