Shaningwa skel Rehoboth-raadslede
Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, me. Sophia Shaningwa, het Rehoboth se dorpsraad Maandag oor die kole gehaal.
Dit gedurende 'n besoek aan die dorp om haarself te vergewis van vordering met die dorp se rioolsituasie.
Sy wou by die raadslede weet hoekom daar voortdurend binnegevegte is en hoekom die dorp gedurig in omstredenheid gehul is.
“Ek lees byna elke dag in die koerant oor gevegte en rioolprobleme op Rehoboth. Julle is aangestel deur hierdie mense om vir hulle te werk en as julle nie werk nie, het hulle die reg om teen julle in opstand te kom,” het sy gesê.
Die dorp se Blok A-, C- en E-woonbuurt word gedurig deur rioolwater besoedel, wat 'n gesondheidsrisiko vir inwoners inhou.
Die minister het ook twee van die dorp se drie rioolpompe besoek.
Shaningwa het raadslede aangesê om harder te werk aan die ontwikkeling van die dorp.
“Rehoboth kan nie weens binnegevegte agterbly nie. Hoekom kry julle groot koppe en laat julle die dorp in die steek? Julle is hier om jul plig te doen en om vir die gemeenskap te werk,” het sy gesê.
Mnr. Jonas Mathew, Swapo-raadslid, het die minister gesmeek om die dorpsraad te help om die pompe te herstel. Shaningwa het gesê die raad spandeer te veel op ongemagtigde en onwettige uitgawes.
Sy het verwys na die aanstelling van mnr. Willie Swartz, die dorp se menslike hulpbronnebestuurder, wat steeds onwettig 'n salaris by die dorpsraad ontvang.
Sowat 'n 150 ontevrede Rehoboth-inwoners het verlede week Vrydag die dorp se munisipale geboue stormgeloop en aangedring op Swartz se verwydering.
Hy is volgens ’n forensiese ondersoek in Januarie 2016 gedurende 'n reses van die raad onwettig aangestel.
“Julle gaan onwettige uitgawes aan, maar julle vra die regering om hulp,” het die minister gesê.
Shaningwa het gesê sy het die raad opdrag gegee om Swartz as menslike hulpbronnebestuurder te verwyder.
“Moet ek kom en die dorp vír julle bestuur? Is julle deur Swartz aangestel? Moenie vir my wag om iemand hier aan die neus te gryp en uit te trek nie.
"Voer jul opdragte uit,” het sy gesê. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie