Shaningwa het nie bedank, sê Swapo

08 February 2021 | Politiek
Swapo het Vrydag bewerings ontken dat die party se sekre­taris-generaal, me. Sophia Shaningwa, haar bedanking ingedien het.

Die bewerings wat in die sosiale media versprei word, voer aan Shaningwa het uit die party bedank, omdat sy nie meer vir Swapo teen die Fishrot-skandaal kon verdedig nie, nie daarby betrokke was nie en ook nie by die korrupte aktiwiteite van die party betrokke wíl wees nie.

Me. Hilma Nicanor, Swapo se woordvoerder, het Vrydag in 'n verklaring gesê die party neem kennis van die gerugte. Sy sê verder daar steek geen waarheid daarin nie en dit word versprei deur diegene wat verdeeldheid en paniek onder Swapo se rangorde wil saai.

“Ons doen 'n beroep op Swapo se kaders, lede, ondersteuners en dié wat simpatiek is teenoor die party om kalm, waaksaam en standvastig te bly. Hulle moet bewustelik en krities die verspreiding van fopnuus vermy wat voortdurend die reputasie van sosialemediaplatforms ondermyn. Verder versoek ons julle om enige artikel of inhoud met die opskrif 'Pas In' wat met Swapo en sy leierskap verband hou as fopnuus te aanvaar en te verwerp,” het Nicanor gesê.

Sy het bygevoeg dat Shaningwa haar grondwetlike mandaat uitstekend uitvoer deur haar kantoor sonder enige teenstrydigheid met die grootste toewyding, harde werk, dissipline en lojaliteit te lei.

“Ons verwerp dus die inhoud van sulke beriggewing met die minagting wat dit verdien en herinner die skrywers dat die wetlike regte van Sophia Shaningwa en Swapo voorbehou bly,” het Nicanor gesê.

– Nampa

Soortgelyk

 

Pryse van petrol, diesel styg

3 ure gelede | Energie

Die prys van petrol en diesel styg aanstaande week met onderskeidelik 50 sent elk per liter. Die verhoging tree om middernag op 7 April in...

Baie nuwelinge kry viskwotas

4 ure gelede | Visserye

Ondernemings wat tevore visvangkwotas besit het, maak 29% van suksesvolle aansoekers uit, het die minister van visserye en mariene hulpbronne, dr. Albert Kawana, vanmiddag aangekondig.Dit...

WHO vra vir verdere studies oor oorsprong van SARS-CoV-2-virus

4 ure gelede | Gesondheid

Die verslag van die internasionale span van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) oor hul ter plaatse besoek aan Wuhan is vandag bekendgemaak, met die WHO se direkteur-generaal...

Sewe sterftes, 221 nuwe gevalle

5 ure gelede | Gesondheid

Namibië het nou 520 Covid-19-verwante sterftes, nadat nog sewe - twee in Windhoek en een elk in Walvisbaai, Outjo, Omaruru, Walvisbaai en Rundu - aangeteken...

Windhoekers met agterstallige rekeninge se water en ligte gaan...

6 ure gelede | Infrastruktuur

Die Windhoekse munisipaliteit sê inwoners van die hoofstad wie se water- en ligterekeninge 30 dae en meer agterstallig is, het tot Dinsdag 6 April om...

Sluitingsdatum vir Shining Light verleng

7 ure gelede | Kuns en vermaak

Die sluitingsdatum vir die Shining Light juweliersontwerpkompetisie is tot 30 April verleng. Me. Helena Mootseng, woordvoerder van die Namibian Diamond Trading Company (NDTC) sê...

Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek

10 ure gelede | Onderwys

Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik...

Waarskuwingskote stuit vermeende diewe

21 ure gelede | Misdaad

Vermeende diewe is vroeër vandag in Robert Mugabelaan naby Bank of Namibia in die hoofstad in hegtenis geneem nadat skote afgevuur is. "Twee waarskuwingskote is...

Robberts bly in aanhouding

21 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...