Shaleen Sondag ter ruste gelê
Die aktrise Shaleen Surtie-Richards word Sondag in die Memorial Park-begraafplaas in Durbanville begrawe.
Sy is Maandag dood in ’n gastehuis in Kaapstad gevind.
Net 36 mense word weens die Covid-19-maatreëls toegelaat, sê Shaun Mynhardt, stigter van die Suid-Afrikaanse Legendes Museum in Pretoria.
Die diens sal regstreeks gestroom word. Meer besonderhede volg later.
Die dokumentêr Shaleen Surtie-Richards: ‘I Am Who I Am’ word Woensdag om 19:30 en Sondag om 20:00 op kykNET en kykNET & Kie uitgesaai. Dit is ook van 10 Junie af op Showmax beskikbaar. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie