Shaduka lê in tronkhospitaal
Denver Kisting
Hoewel Lazarus Shaduka tot dusver sy moordvonnis meestal in 'n tronkhospitaalbed uitdien, het hy nog nie amptelik om mediese parool aansoek gedoen nie.
Na wat verneem word, is Shaduka sedert verlede jaar ernstig ongesteld.
Volgens adjunkkommissaris Eveline January, woordvoerder van die departement korrektiewe dienste, is Shaduka onlangs in sy rolstoel geneem om 'n strafklag teen 'n tronkbeampte in te dien.
Dié klag hou verband met die beweerde verduistering van nagenoeg N$200 000 van Shaduka se geld.
January het gister by navraag gesê die presiese bedrag moet nog “met sekerheid” bepaal word.
inkopietogte
Wat sy wel in dié stadium kan bevestig, is dat groot bedrae kontant uit Shaduka se bankrekening onttrek is én verskeie inkopietogte glo met geld uit die rekening gefinansier is.
“Ek kan bevestig daar was onderduimse bedrywighede aan die gang,” het sy gister gesê.
January het opnuut benadruk die aard van 'n gevangene se gesondheid is 'n vertroulike aangeleentheid.
Die bevelvoerder van die Khomasstreek, kommissaris Silvanus Nghishidimbwa, het ook gister die voorval bevestig.
Dít kom nadat daar gister elders berig is 'n korrektiewe beampte en 'n gevangene het glo saamgesweer en Shaduka ingeloop. Hy was vlugtend vir sowat vier jaar voordat hy weer voorverlede jaar in Angola aangekeer is. Op die dag in 2012 wat die hooggeregshof in Windhoek 'n appèl toegestaan het en hom aan moord op sy vrou, me. Selma Mirjam ya Leopold Shaimemanya, skuldig bevind het, het hy uit Namibië gevlug.
Hy is vroeër deur die hoërhof aan strafbare manslag skuldig bevind, en 'n boete van N$27 000 en 'n opgeskorte vonnis opgelê. Die staat het toe suksesvol teen dié skuldigbevinding en vonnis geappelleer.
Die hooggeregshof het Shaduka weens die moord tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie