SFC was die wenners
Die gasheerklub SFC Swakopmund het die naweek as algehele wenspan uit die stryd getree in die muurbalstryd teen sy buurklub Buccaneers van Walvisbaai. Gister is verkeerdelik berig dat Buccaneers die algehele kompetisie in die jaarlikse 064-bekertoernooi was, terwyl die eindtelling van 40-35 inderdaad in SFC se guns was. Republikein vra verskoning vir ongerief wat deur die glips veroorsaak is. Op die foto is SFC se span wat die mans B-afdeling beklink het – van links Rudi Koekemoer, Michello Olivier, Don Forrest en Danie Jansen. Die toernooi tussen die twee buurklubs sal volgende jaar ook deur Guan's Packaging geborg word. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie