Sewe nuwe waarnemende appèlregters aangestel

10 February 2021 | Howe
Hoofregter Peter Shivute het vanoggend die aanstelling van sewe waarnemende appélregters in Namibië se hoogste hof, die appèlhof, bekend gemaak.
Drie van hulle is uit buurlande afkomstig, met vier van die waarnemende appèlregters wat uit plaaslike geledere deur pres. Hage Geingob op aanbeveiling van die regsdienskommissie aangestel is.
Die drie buitelandse regters is die afgetrede hoofregter van Zambië, regter Ernest Sakala, ‘n afgetrede appèlregter van Suid-Afrika, regter Jeremiah (Jerry) Shongwe en ‘n afgetrede regter van die hoërhof in Zimbabwe, regter Moses Chinhengo.
Die ander vier is regters Theo Frank, Hosea Angula, Christie Leibenberg en Shafimana Ueitele.
Dit is die eerste keer dat regters Liebenberg en Ueitele as waarnemende appèlregters sal dien.

Soortgelyk
Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste...
1 uur gelede | Gesondheid
N$583 miljoen vir Namibië se Covid-19 Ontplooiings- en Immuniseringsplan...
2 ure gelede | Gesondheid
Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart
2 ure gelede | Gesondheid
Knopvelsiekte breek in Omaheke uit
3 ure gelede | Landbou
Metro spoils its customers
4 ure gelede | Plaaslik
Vrou woon in haar motor by hospitaal
13 ure gelede | Mense
Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker
13 ure gelede | Vervoer
Ses damme voller as 100%
13 ure gelede | Weer
Weer vir 24 Februarie
13 ure gelede | Weer
Kleinadvertensies