Sewe nuwe 'aardes' gevind

Dalk ís daar lewe elders

28 February 2017 | Omgewing
Elvira Hattingh



Nasa se Spitzer-ruimtetele­skoop het 'n stelsel van sewe planete ontdek wat byna so groot soos die aarde is en om 'n enkele, ultrakoel dwergster wentel.

Die dwergster word Trappist-1 genoem.

Boonop is drie van hierdie planete in die sogenaamde “bewoonbare sone” gevestig.

Dit beteken dis op 'n afstand van die dwergster geleë waar rots­agtige planete dikwels vloeibare water kan hê.

Volgens 'n mediaverklaring wat op 22 Februarie deur Nasa uitgereik is, is dit die eerste keer dat soveel bewoonbare planete om 'n enkele ster buite ons sonnestelsel ontdek is.

Nasa sê al sewe dié planete kan vloeibare water bevat – 'n sleutelvereiste vir die bestaan van lewe.

Die kanse is baie goed dat die drie planete wat in die bewoonbare sone gevestig is, ook die regte atmosferiese toestande vir lewe handhaaf.

Nasa het dié stelsel met behulp van verskeie teleskope op die grond en in die ruimte ontdek, asook met hul baie groot ESO-teleskoop.

Tans word die Hubble-teleskoop ingespan om atmosfere rondom die planete te soek.

Die Trappist-1-stelsel is net sowat 40 ligjare van ons af.

Dis in die Aquarius-konstellasie geleë en die planete is Trappist-1b, c, d, e, f, g en h gedoop.

Dit is na 'n teleskoop in Chili vernoem wat wetenskaplikes gebruik het om in Mei verlede jaar reeds drie van die planete te ontdek.

Veranderings in die dwergster se lig wanneer een van die sewe planete verby dit beweeg, het sterrekundiges toegelaat om inligting oor die planete se grootte, komposisie en wentelbane in te samel.

Op dié manier is vasgestel dat die ses binneste planete met die aarde vergelykbaar is in terme van grootte en temperatuur.

Volgens die digtheid van die sewe planete is hulle almal waarskynlik rotsagtig, maar meer observasie is nodig om vas te stel of hulle water bevat en in watter vorm dit voorkom.

Wetenskaplikes is nog nie seker oor die buitenste planeet nie en vermoed dat dit 'n ysige, “sneeu­balagtige” wêreld kan wees.

In teenstelling met ons eie son, is die Trappist-1 dwergster só koel dat dit sal toelaat dat vloeibare water op die planete voorkom wat baie ná aan hom wentel.

Dit sou nie in ons eie sonnestelsel moontlik gewees het nie. Dié ster bevat sowat 8% van ons son se massa en is min of meer so groot soos Jupiter. Al sewe van die Trappist-1-planete se wentelbane lê nader aan hul son as wat planeet Mercurius aan ons son geleë is.

Boonop is hierdie planete baie naby aan mekaar, wat beteken dat as iemand op een van die planete sou staan, hy moontlik die geologiese­ kenmerke of wolke van naburige planete sal kan sien.

Dit kan groter lyk as wat die maan vir ons vanaf die aarde vertoon.

Die Trappist-1-planete hou altyd dieselfde kant na hul son gekeer, wat beteken aan een kant van die planete is dit altyd dag, terwyl die teenoorgestelde kant altyd nag ervaar.

Dit kan beteken dat die planete se weerpatrone heeltemal anders is as op aarde.

Ruimtewetenskaplikes meen dié ontdekking is 'n betekenisvolle stap om vas te stel of ons werklik alleen in die heelal is.

Soortgelyk

 

Covid-19: 20 sterftes, 151 nuwe gevalle

2 ure gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twintig nuwe Covid-19-sterftes aangemeld, die meeste daarvan op Gobabis (13 sterftes), wat dié sterftesyfer op 3 884...

Hardap se sluise dalk vanaand getrek

4 ure gelede | Omgewing

Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word. Die dam was om...

Botswana-weermag nie aanspreeklik vir sterftes

4 ure gelede | Howe

Landdros Taboka Mopipi het beslis dat Botswsana se weermag (BDF) nie aanspreeklik gehou kan word vir die sterftes van die Nchindo-broers en hul neef, wat...

Erkenning vir selfdegeslaghuwelikke afgekeur

5 ure gelede | Howe

Drie regters in die Windhoekse hoërhoof het ‘n aansoek van die hand gewys om selfdegeslaghuwelikke te erken tussen twee Namibiërs en hul buitelandse eggenotes. Hulle...

Vyf damme kry water

9 ure gelede | Omgewing

Teen gistermiddag om 14:50 het die Hardapdam nog sowat 289,3 m³ water per sekonde ingekry, terwyl nog drie ander nasionale damme sedert Maandag ‘n inloop...

Lelies begin Sondag blom

19 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

19 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

19 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

19 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...