Sewe beeste by Omaruru geslag
Francoise Steynberg - Sewe beeste ter waarde van N$140 000 is tussen Saterdag en Maandag op die plaas Klein Okombahe in die Omaruru-distrik geslag.
"Die sewe beeskarkasse is op die toneel agtergelaat waar die boer, mnr. Albert Lock (57), dit gevind het waar dit aan 'n kraalheining by 'n veepos gehang het," het die koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, gesê.
"Die verdagtes kon vermoedelik nie met hul voertuig toegang tot die plaas kry om die vleis op te laai nie. Dit is weens die swaar reën die afgelope naweek wat riviere laat vloei het," het Iikuyu gesê.
Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
Enige iemand met inligting, wat 'n ooggetuie was of weet waar die verdagtes hulle bevind, kontak vir Iikuyu by 081 246 4757, of vir AO Hermuth Mariine by 081 223 5972, of die naaste polisiekantoor.
Die polisieondersoek duur voort.
- [email protected]
Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie