Seun van Rundu wil wêreld verower

Luis Munana is 'n man van vele talente en 'n inspirasie vir oud en jonk.
Tanja Bause
Tanja Bause – “Ek sal die wêreld verower. Wêreld, wees op jul hoede, hierdie seun van Rundu is op pad,” het Luis Munana (39) gesê.

Luis is 'n man van vele talente. Hy is die inspirasie agter die gewilde kinderreeks op televisie, Waka Waka Moo; hy het sy eie klerereeks Zuriel, hy het Namibië in Big Brother Africa asook wêreldwyd as 'n model verteenwoordig en hy is die eerste Namibiese man wat die 2019 Forbes Africa 30 se onder 30-lys gehaal het.

Luis is op Rundu gebore en het ook daar grootgeword.

“Ek was nog altyd iemand wat oorpresteer het. Ek was my hele skoolloopbaan eerste in my klas. Om uitmuntend te wees, was nog altyd deel van my.”

Hy het altyd gedink daar is meer om te sien en doen as op Rundu.

“Om in 'n klein dorp te bly, laat jou altyd dink daar is net Windhoek om na uit te sien, maar ek het geweet daar is meer in die wêreld.”


MODELWERK
Ná skool is hy Suid-Afrika toe om rekeningkunde te studeer.
“Terwyl ek gestudeer het, het ek min geld gehad en gesukkel om my studies te betaal. Ek het met modelwerk begin en dit was nie lank nie, toe het ek oraloor Afrika en die wêreld modelwerk gedoen.”

Luis sê hy het aan die begin van sy loopbaan as model soos 'n bedrieër gevoel.

“Ek het baie keer gedink wat soek dié klein seun van Rundu op die wêreld se loopplanke? Wat soek ek tussen modelle van Europa en Amerika? Ek het bedrieërsindroom gehad en elke oomblik gedink iemand sal my ontmasker. Ek het gevoel ek hoort nie daar nie, maar mense het in my geglo. Hulle het my verseker dat ek goed is, dat ek die gesig, die lengte en die stap het.

“Daardie versekering het my in myself laat glo en ek het besef ek is nie 'n bedrieër nie, maar dat ek wel op die loopplanke behoort. Ek het besef ek is nie net 'n seun van Rundu nie, maar is ook goed genoeg om 'n internasionale model te wees.”

Ná vier jaar het hy sy studies in rekeningkunde voltooi.

“Ek het besef rekeningkunde is nie wat ek wil doen nie, maar my ouers het daarop aangedring dat ek my studies klaarmaak.”



BIG BROTHER

Luis het in 2014 Namibië in die laaste Big Brother Africa-realiteitsreeks verteenwoordig.

“Die jaar tevore het Dillish Mathews gewen en ek het dus geweet ek sal nie wen nie. Ek het die program gebruik om 'n platform vir myself te skep en my projekte uit te brei. Big Brother is nogal groot buite Namibië en mense onthou deelnemers. Ek is nie 'n oomblik spyt ek was deel van die program nie, want ek het geweet wat dit vorentoe vir my loopbaan kan beteken. Dit was deel van my reis na uitnemendheid.”

Gedurende die reeks het hy en sy span 'n taak gekry om 'n pantomime vir kinders te skryf.

“Ek het die karakters ontwikkel, die draaiboek geskryf en geregisseer. Ek het die program Waka Waka genoem. Nadat die pantomime op Big Brother gewen het, het ek myself belowe dat ek eendag 'n TV-program vir kinders met dié karakters sal maak en 'n paar jaar later is Waka Waka Moo (ek het die Moo bygesit vir effek) op die televisieskerm.”



WAKA WAKA MOO

Die reeks is nou in sy derde seisoen en 26 episodes van seisoen 3 is klaar opgeneem.

“Dit is die eerste TV-program waar al die tale van Namibië verteenwoordig word. Stel jou voor 'n kind sit voor die televisie en luister na poppe in sy taal soos Oshiwambo, Rukangwali, Afrikaans, Duits, Silozi of Khoekhoegowab. Die kinders leer terwyl hulle vermaak word.”

Daar is tans tien verskillende Waka-karakters en elkeen het 'n doel. Die een praat oor geskiedenis, die ander oor kos en nog een oor musiek.

“Ek het die karakters gebaseer op mense wat my lewe beïnvloed het en die heel eerste Waka wat ek geskep het, was Waka Chi. Wyle Nancy (Chichi) Muinjo was 'n ontsagwekkende mens. Sy was soos die sonskyn, 'n lig, die gom wat almal bymekaargehou het. Waka Chi is geel soos die son en haar neus is 'n hart. Dit verteenwoordig Chichi se hart en die liefde wat sy vir almal gehad het. Waka Chi is die een op die program wat almal bymekaarhou en sy is altyd gelukkig en het 'n borrelende persoonlikheid.”

Seisoen 1 en 2 van die program is al in Europa, Amerika, Kanada en die Karibiese eilande uitgesaai. Luis en sy span werk tans aan 'n Portugese weergawe.

“Ek sien 'n Disney-fliek van Waka Waka Moo in die toekoms. Ek hoor al elke kind in die wêreld wat die Waka-lied ken en saamsing.”



MODEWEEK

Nadat hy klaar gestudeer en na Namibië teruggekeer het, het hy agtergekom hier bestaan nie 'n modebedryf nie.

“Met my agtergrond in modelwerk het ek 'n vennootskap met eendersdenkende mense gevorm en die Windhoek MTC Fashion Week begin wat nou in sy sesde jaar is.”

Die week word elke jaar gewilder en ontwerpers van buite Namibië is gereelde gaste.

“Ons het ook nou The Den (Designer Emporium Namibia)-winkel waar ons plaaslike ontwerpers se klere in Windhoek verkoop.”



ZURIEL

Luis wou al in 2016 sy klerereeks, Zuriel, bekend stel, maar omdat hy besig was met die modeweek en om die Namibiese modebedryf te laat groei, het hy dit uitgestel en eers verlede jaar begin.

“Zuriel vaar baie goed. Ons is ­uitgenooi om in September aan die Milan Fashion Week in Italië deel te neem. Ons is nou druk besig om 'n reeks te ontwerp. Ek is baie opgewonde oor die geleentheid, want dit is tyd dat ons met die groot name daar buite begin meeding.

“Ons is ook besig om vir die Fashion Week in Nigerië, Suid-Afrika en natuurlik Windhoek voor te berei.”


FORBES AFRICA

Luis het in 2019 die Forbes Africa 30 onder 30-lys gehaal. Hy is die eerste Namibiese man en derde Namibiër wat op Forbes gelys is. Luis, as model en kreatiewe persoonlikheid, is as een van die mees gediversifiseerde entrepreneurs op die vasteland aangewys.

“Dit was 'n groot prestasie vir my. Daar is so baie bekwame Afrikane en hulle het vir mý gekies.

“Ek wou nog altyd op die Forbes-lys wees, maar ek begin nou eers; daar is nog so baie wat ek wil en moet doen. Ek sal Namibië op die wêreldkaart sit.”

Forbes het gesê Luis is 'n bewys dat 'n mens talentvol kan wees op die skerm sowel as van die skerm af.


RAAD

“As ek enige raad aan mense kan gee, is gaan kyk wat daar buite aangaan. Verlaat jou plek waar jy nou is en gaan verken die wêreld. Dit is hoe jy gaan uitvind wat dit is wat jy met jou lewe wil doen. As ek ná skool die kans gehad het om 'n gapjaar te vat en deur die wêreld te reis of net van stad tot stad te kon gaan, sou ek baie vinnig agtergekom het dat rekeningkunde nie vir my is nie en nie vier jaar op dit gemors het nie. Die oomblik wanneer jy jou plek verlaat, gaan jou gedagtes oop en jou idees begin vloei.”


FOTO’s
Luis Munana saam met van die Waka Waka Moo karaters. Foto’s Tanja Bause
Luis Munana het verlede jaar sy klerereeks Zuriel bekend gestel.

Luis Munana toe hy op die wêreld se loopplanke modelwerk gedoen het. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.4 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 336.80/OZ UP +0.26% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.41% | Zinc US$ 2 858.40/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 89.04/BBP UP +0.16% | Platinum US$ 912.01/OZ DOWN -0.0042