Sesjarige sterf ná sy met stok geslaan is
Tuyeimo Haidula - 'n Sesjarige meisie is dood nadat 'n man haar Dinsdagaand by Epanya in Ohailulu in die Oshanastreek met stokke aangerand het.
Insp. Thomas Aiyambo, woordvoerder van die polisie in dié streek, sê die meisie het aandete by die bure geëet toe 'n 34-jarige man sy ma met 'n panga aangeval het nadat 'n stryery ontstaan het. Die aanval het omstreeks 20:00 plaasgevind.
Aiyambo sê die verdagte het met sy ma, me. Martha Nembuta (60), rusie gemaak en gewelddadig geraak en Nembuta en sy kleindogter, Dortea Samuel (17) met 'n panga aangeval. Die oorsaak van die rusie is onbekend.
Die verdagte het toe na die meisie, Sabina Nambambi (6), gedraai en haar ook met 'n stok aangerand. Sabina is erg beseer en is met haar aankoms by die staatshospitaal op Oshakati dood.
“Die ander twee slagoffers is in 'n stabiele toestand en word ook in die hospitaal behandel. Die moordwapen wat ook gebruik is om die beseerdes aan te rand, is gevind,” het hy gesê.
Die verdagte is in hegtenis geneem. Hy word by Oshakati-polisiekantoor aangehou en sal vandeesweek in die landdroshof op klagte van moord en poging tot moord verskyn. Die polisie se ondersoek duur voort. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie