Sesamsaad open deure vir Nigeriese boere
Prys styg met 20%
Die groeiende internasionale vraag na sesamsaad vir hoemoes, soesji en gesondheidkos het ’n hupstoot vir Nigeriese produsente beteken.
Meer as die helfte van die wêreld se sesamsaad word in Afrika geproduseer en Nigerië is op twee ná die grootste internasionale produsent.
Produksie van dié klein saadjie wat op onder meer hamburger-rolletjies gebruik word, sal na verwagting in die 2017/’18-seisoen met 40% in Nigerië styg, volgens Sheriff Balogun, president van die Nigeriese sesamsaadvereniging.
Die huidige produksie van tussen 400 000 en 500 000 ton per seisoen sal volgens Balogun vanjaar tot sowat 700 000 ton styg.
Die prys van die produk by die plaashek het die afgelope jaar met sowat 20% gestyg en sesamsaad is nou Nigerië se vernaamste onverwerkte landbou-uitvoerproduk. Kakao word in verwerkte vorm uitgevoer, en is die land se grootste uitvoerproduk naas olie.
Japan, met sy soesji-kultuur, is die vernaamste mark waarheen Nigeriese sesamsaad uitgevoer word en Balogun sê verskeie boere het in reaksie op die groeiende internasionale vraag hul produksie verhoog. Ander uitvoerbestemmings sluit China, Europa en Noord-Amerika in.
Daar word bereken dat die wêreldwye vraag na sesamsaad die aanbod (sowat 6 miljoen ton per jaar) vanjaar met 10% sal oorskry.
Nigerië het onlangs sy ergste ekonomiese insinking in 25 jaar beleef toe die olieprys geval het en dié olieryke land sy produksie ingekort het. Die regering probeer nou die land se uitvoer diversifiseer.
Die regering het 5 miljard naira ($14 miljoen) beskikbaar gestel om sesameboere te help om hul plase te vergroot en saad aan te koop.
“Ons het ’n vyfjaarontwikkelingsplan wat sesamsaad-produksie tot 2 miljoen ton per jaar sal verhoog,” sê Balogun.
Sesamsaad is baie goed bestand teen droogte en benodig tot 75% minder water as mielies.
Die aanvraag word verder verhoog omdat die saad al hoe meer in fyngebak en lekkergoed ingespan word, terwyl sesamsaadolie ook gewilder word danksy moontlike gesondheidsvoordele. – Netwerk24/Bloomberg, verwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie