Ses vroue landswyd verkrag

Skoolseun vermoor glo graad 9-leerling

28 April 2021 | Misdaad
Sedert Woensdag is ses verkragtings landswyd by die polisie aangemeld waarvan die jongste slagoffer 15 jaar oud was, lui die misdaadverslag van die Namibiese polisie.

By die Ngcamade-nedersetting in die Kavango-Wesstreek is twee minderjariges in die ouderdom van 13 en 15 jaar in hegtenis geneem nadat hulle 'n 15-jarige meisie verkrag het. Hulle het die slagoffer glo na een van die verdagtes se huis gesleep en daar verkrag. Die voorval het Donderdag om 22:00 plaasgevind.

• 'n Man het Vrydag om 21:00 by 'n huis in Kitundastraat in ­Otjomuise toegang tot die huis van sy eksmeisie verkry en haar verkrag. Die slagoffer (40) wat gestremd is en die verdagte het glo 'n kind saam en sy het 'n be­skermingsbevel teen hom.

Die verdagte het haar glo vantevore herhaaldelik verkrag, maar sy het dit nooit aangemeld nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

• 'n Twee-en-dertigjarige vrou is Woensdag om 22:00 by die Makolon­ga-nedersetting in Katima Mulilo glo deur 'n 25-jarige verdagte verkrag. Die verdagte het na bewering aan die vrou se huisdeur geklop en voorgegee dat hy hulp benodig nadat hy aangerand is. Die slagoffer en haar man het die deur oopgemaak en die verdagte het die man aangerand. Hy het toe die vrou verkrag, terwyl die man vir hulp gaan soek het. Die verdagte is in hegtenis geneem.

• Vrydag tussen 01:00 en 02:00 het 'n verdagte in die Kanaan C-nedersetting op Epako by die huis van sy 27-jarige slagoffer ingebreek en haar verkrag. Die verdagte het ook die slagoffer se selfoon gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

• Na bewering het 'n 38-jarige man Vrydag om 20:30 'n 19-jarige vrou in die informele nedersetting Harambee op Karibib verkrag. Die ­verdagte en die slagoffer was glo saam met ander mense by 'n kuierplek.

Die verdagte het die slagoffer tot by haar huis agtervolg en haar kombuisdeur oopgeskop om toegang tot haar huis te verkry waar hy haar verkrag het terwyl sy geslaap het. Die man is in hegtenis geneem.

• 'n Twintigjarige vrou is Saterdag om 22:00 in Otjiwarongo se informele nedersetting Ombili glo deur 'n 19-jarige man verkrag. Die verdagte het haar glo in die bosse aangerand en verkrag. Niemand is in hegtenis geneem nie.



MOORDE

Na bewering het 'n graad 9-leerling van die Hoërskool Tutaleni in Kuisebmond op Walvisbaai vir ­Tuhafeni Kamanya (18), ook in graad 9 by dieselfde skool, met 'n onbekende voorwerp in die nek gesteek.

Kamanya kon dit regkry om huis toe te gaan en vir sy ouers te vertel wie hom gesteek het, waarna hy inmekaar gesak het. Hy is op pad na die ­hospitaal dood. Die verdagte het ná die voorval na sy oom se huis op Swakopmund gevlug en hom van die voorval ingelig. Die oom het die polisie in kennis gestel en het die verdagte na die Mondesa-polisiekantoor geneem waar hy in hegtenis geneem is.

• Saterdag het 'n onbekende aantal verdagtes 'n 42-jarige man met stene doodgeslaan en sy twee bokke en 20 skape gesteel. Die voorval het by Satan Slot no. 1 in Windhoek plaasgevind.

• 'n Man (38) het glo Saterdag om 01:00 in die Omufituwanauyala-­nedersetting op Outapi sy neef met 'n okapi-mes doodgesteek. Na bewering het drie neefs in die huis gesit en vis met die mes verwerk. Een van die neefs het opgestaan om sout te gaan haal en met sy terugkoms, het hy mnr. Fillemon Ndeshimona (22) in 'n poel bloed sien lê. Die verdagte het glo by hom verbygestap en gesê hy gaan nou selfdood pleeg.

Ndeshi­mona is na die Outapi-hospitaal geneem en is met sy aankoms dood verklaar. Die ­verdagte is in hegtenis geneem.

Soortgelyk

 

Pastoor verkrag glo tienerseuns

8 ure gelede | Howe

Augetto Graig – 'n Pastoor wat tereg staan op vier klagte van verkragting van vier minderjarige seuns, is op borgtog vrygelaat.Die seuns is almal onder...

Eerste nag in selle vir Boulter

8 ure gelede | Howe

Ester Kamati op Outjo – Die invloedryke Britse miljardêr mnr. Harvey Eric Boulter (51) se aansoek om borgtog is gister in die landdroshof op Outjo...

Weer vir 12 Mei 2021

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Dit sal aanvanklik koud wees in die binneland, maar andersins sal dit sonnig en warm tot baie warm wees. In die Noorde sal dit...

Vermeende beesdiewe loop hul rieme styf

8 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Drie mans is op Otjinene in aanhouding nadat hulle na bewering Sondag naby Summerdown die slot van 'n plaashek geknip en helder...

'Glyjakkalse' loop hul rieme styf

8 ure gelede | Howe

Twee jong mense wat glo by ver­skeie oornagplekke in die noorde van die land bedrog gepleeg het, is Vrydag in hegtenis geneem. Mnr. Francois Strydom...

Mobiele Covid-toetseenheid by padblokkade

8 ure gelede | Gesondheid

Die eerste mobiele Covid-19-toetsgeriewe vir toeriste is by die Okahandja-padblokkade op die B1-hoofpad geopen. Die mobiele eenheid is 'n inisiatief deur die Toer- en Safarivereniging...

Otji-5-verhoor: Weduwee wil vergoeding eis

8 ure gelede | Howe

Marc Springer – Die weduwee van 'n Zimbabwiese burger wat twee jaar gelede op Otjiwarongo vermoor is, het die eerste wetlike hekkie oorkom in haar...

Tweejarige peuters verdrink in puttoilet

8 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het twee kinders, beide twee jaar oud, Saterdag in 'n puttoilet verdrink. Die ongeluk het omstreeks 14:00 in die...

Transgender aanrandingsaak teen polisielid begin

8 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Die verhoor waarin 'n transgender Namibiër 'n klag van aanranding teen 'n polisiebeampte aanhangig gemaak het, het Maandag in die hoërhof in...