Ses sterftes stoot syfer oor 900, 480 nuwe gevalle
Ses nuwe sterftes stoot die totale syfer vir Namibië oor die 900-kerf tot 905. Die sterftes is vier in Windhoek en een elk in Outjo en Walvisbaai. Vandag is 480 nuwe gevalle aangemeld waarvan 40% in Khomas is. Die nuwe gevalle sluit 51 leerlinge, 28 gesondheidswerkers, 18 onderwysers en 15 studente is. Die aktiewe gevalle staan tans op 5 259 waarvan 330 in die hospitaal en 54 in die ICU is. Tot op hede het 51 882 (89%) van mense herstel en is 75 964 mense teen Covid-19 ingeënt.
Tans is 1 481 mense in kwarantyn en 3 444 kontakte word gemonitor. Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het 'n beroep op families van oorledenes gedoen om hulle so gou as moontlik te begrawe, omdat lykshuise se kapasiteit oorweldig is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie