Ses sterftes, 109 nuwe gevalle
Die totale getal Covid-sterftes styg met ses tot 3 920. Een was 'n tuissterfte en nie een van die gevalle was ingeënt nie. Gister is 109 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiwiteitskoers van 6%. Die meeste gevalle is in Khomas (29) aangemeld, gevolg deur die 22 in Erongo. Die nuwe gevalle sluit 16 leerlinge, vyf studente en twee gesondheidswerkers in. Volgens die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is 85,3% van die nuwe gevalle nie ingeënt nie. Tans is daar 8 506 aktiewe gevalle waarvan 225 in die hospitaal is. Van dié gevalle is 91,1% nie ingeënt nie. Uit die 28 gevalle in die ICU is twee ten volle ingeënt. Tot op hede het 417 621 mense een dosis entstof ontvang, terwyl 355 358 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 93,3%.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie