Ses lorries, drywers nog in Zambiu00eb vas
Ses lorries, drywers nog in Zambiu00eb vas

Ses lorries, drywers nog in Zambië vas

Net sowat 40% van die Namibiese lorries wat deur Zambië geskut is, is al terug in die land.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Van die 37 Namibiese vragmotors wat vir sowat vyf maande lank midde ’n uitvoerverbod op hout in Zambië geskut is, is net 14 terug in die land.

Hoewel altesaam 31 deur die Zambiese owerhede toegelaat is om na Namibië terug te keer, word 17 nog weens tydrowende vrystellingsprosedures by die grens opgehou. Dié prosedures kan tot drie dae duur.

Me. Charity Mwiya, bestuurder van lededienste by die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI), het gister by navraag gesê ses van die vragmotors met Namibiese registrasienommers is nié deur die Zambiese owerhede toegelaat om die land te verlaat nie.

Twee van die vragmotors word nog by Mumbwa geskut, een by Kalamo en drie by Sesheke.

“Ek wil beklemtoon dat wat die twee lorries by Mumbwa betref, ons geen aanduiding het waarom hulle nie ook toegelaat is om na Namibië terug te keer nie.

“Die twee was deel van ’n vloot van vyf vragmotors van dieselfde vervoerkontrakteur wat dieselfde vragte hout met dieselfde dokumente vir ’n bepaalde kliënt vervoer het. Niemand kan antwoorde verskaf oor waarom drie laat gaan is, maar twee moet agterbly nie,” sê sy.

Mwiya vertel verder dat ander gekonfiskeerde vragmotors wat by Mumbwa gestaan het, gisteroggend toegelaat is om te vertrek. Toe die Namibiese drywers die regeringsamptenare gevra het waarom hulle nie ook mag gaan nie, is hulle baie onbeskof behandel, sê sy.

Die NCCI het ingegryp en het namens die vervoerkontrakteurs met die Namibiese regering en die Paaieowerheid oor hul oorgrenspermitte onderhandel en met kommersiële banke oor die agterstallige paaiemente toe dit duidelik word die lorriekrisis in Zambië is besig om dié sektor in ’n ernstige finansiële verknorsing te dompel.

Sowat ses weke gelede is die verliese al op N$100 miljoen geraam.

Mwiya het gister gesê dit is moeilik om ’n finale bedrag aan die krisis toe te skryf aangesien daar soveel belanghebbendes is wat geraak is.

“Dit is nie net die vervoerkontrakteurs nie, maar ook die verskepingsmaatskappye wat die hout sou uitvoer.

Zambië het in Januarie vanjaar ’n verbod op die handel in hout geplaas toe vrese ontstaan het dat die vraag onder Chinese kopers na veral rooshout, of mukula, besig is om dié bedreigde houtspesie uit te roei.

Altesaam 466 vragmotors uit lande in die streek wat hout vervoer het, is gekonfiskeer.

Ná ’n uitgerekte ondersoek is dié vragmotors laat gaan wat kon aantoon dat hulle Zambië net as deurgangsroete gebruik het vir hout afkomstig van lande soos die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) waar die handel daarin nie onwettig is nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A