Serena sweet bloed om Halep te klop
Serena sweet bloed om Halep te klop

Serena sweet bloed om Halep te klop

Tennis
Marizanne Kok - Dit het elke ons van haar veggees, al haar vernuf en ’n sielkundige gehardheid geverg, maar Serena Williams is vir die 12de keer in haar loopbaan deur na die kwarteindronde van die Australiese Ope.

Williams het gister die enorme aanslag van die wêreld se voorste speler en topgekeurde in Melbourne, Simona Halep, in die vierde ronde met bloedsweet en vasbyt oorkom om ná ’n uur en 47 minute met 6-1, 4-6, 6-4 te seëvier.

Die wedstryd was vooraf ’n bemarker se droom: Halep, die beste speler op die wêreldranglys, teen Williams, die beste speler van haar (en moontlik enige) generasie.

Maar van die verwagte groot armdruk het aanvanklik niks gekom nie, met Williams in die eerste stel in elke aspek baas. Sy het Halep soos ’n marionet gespeel en soos ’n boek gelees. In die skrale 20 minute wat die eerste stel geduur het, het sy haar eerste afslaanpot verloor, maar toe al drie Halep s’n gewen.

’n Antiklimaks het skynbaar gewag. Maar gelukkig was dit nie die draaiboek wat Halep gelees het nie.

Die Roemeen was ’n ander speler in die tweede stel. Waar sy die lengte van haar houe in die eerste stel knaend verkeerd gekry het, was dit in die tweede stel byna onhanteerbaar. Sy het balle uit die hoeke gaan haal, Williams se ruimte ingeperk en in ’n oogwink die moeiliker vrae begin vra.

Dit het haar nie net die tweede stel besorg nie, maar ook vir die grootste deel van die derde in beheer van sake geplaas.

Williams se frustrasie was duidelik terwyl sy of die een hou ná die ander teen die net vasgeslaan het of die bal oor die agterlyn gemoker het. Die grootste drama van die stel het aanvanklik op haar afslaan plaasgevind, terwyl Halep vol selfvertroue en met al die momentum gespeel het.

Dit het 38 minute en sewe potte geneem voor die gety uiteindelik terug in die Amerikaner se guns gedraai het, toe Halep van nêrens die knie voor Williams se kragtige terughoue gebuig het.

Met ’n voorsprong van 4-3 het die 23-malige Slam-kampioen nie weer haar greep op die wedstryd verloor nie.

Vir Halep is dit ’n hartverskeurende uitslag. Nadat sy haar voete in die tweede stel gevind het, was sy uitmuntend en het sy veel meer verdien.

Sy kan steeds heelwat positiewe aspekte uit dié wedstryd neem – en Williams ook. Die veteraan het die toernooi afgeskop met drie maklike wedstryde waarin sy net nege potte verloor het, voordat sy gister gewys het sy het nog nie haar vermoë verloor om diep te delf nie.

Daardie vermoë gaan sy nou broodnodig hê in haar kwarteindstryd, teen die Tsjeg Karolina Pliskova.

Pliskova, sewende gekeur, het vroeër gister gewys sy is gereed om haar eerste Grand Slam-titel te wen, toe sy maalvleis van die Spanjaard Garbine Muguruza gemaak het.

Haar wentelling van 6-3, 6-1 is ’n raak samevatting van die wedstryd. Pliskova se afslaan was onspeelbaar en die verbeelding agter haar houe uit die boonste rakke. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.09/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 875.40/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 89.28/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 914.57/OZ DOWN -0.0014 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.09/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 875.40/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 89.28/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 914.57/OZ DOWN -0.0014