Seminaar fokus op skaars siektes
Multiple Sclerosis Namibia bied vir die tweede agtereenvolgende jaar ’n mediese seminaar en fondsinsameling aan wat op skaars siektes fokus.
By die seminaar wat eerskomende Donderdag (27 Februarie) om 19:00 by die Avani-hotel in Windhoek plaasvind, sal verskeie medici, pasiënte en versorgers hul ervaring van seldsame siektes deel.
Volgens me. Bianco Özcan, die organiseerder en stigter van MS Namibia, is inligting oor seldsame siektes baie skaars.
“Die meeste van die tyd ly hierdie pasiënte alleen, omdat geen ondersteuning en baie min inligting beskikbaar is. Om nie eens te praat van hoe skaars hulpbronne is nie,” het sy gesê.
Wêrelddag vir skaars siektes word jaarliks op die laaste dag van Februarie gevier en het ten doel om bewusmaking onder die algemene publiek en besluitnemers te bevorder van dié siektes se impak op pasiënte se lewens.
Bewusmaking is noodsaaklik omdat een uit 20 mense in ’n stadium van hul lewens ’n skaars siekte sal hê.
Skaars siektes is meestal nie geneeslik nie en word dikwels nie gediagnoseer nie.
Kaartjies vir die seminaar is teen N$250 vir die publiek en N$750 vir gesondheidslui by Bianca by 081 142 3543 of [email protected] beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie