Semifinalis onttrek aan Mej. Namibië

20 May 2019 | Gebeure
Tanja Bause - 'n Semifinalis in die Mej. Namibië 2019-kompetisie, ­Michelle Pretorius, het aan die geleentheid onttrek.

Volgens haar ma, me. Anke Pretorius, het Michelle te veel hooi op haar vurk en moes derhalwe dié besluit neem.

“Michelle het met ons die gesprek gehad voordat sy ingeskryf het. Ek en haar pa het vir haar gesê sy kan inskryf, maar dat sy ook haar graad in bourekenkunde dié jaar sal klaarmaak,” het sy gesê.

“Ons het vir haar gesê sy saal haarself met te veel goed op omdat sy ook onlangs getrek het én met 'n nuwe werk begin het. Sy het ook geweet dat as sy nie kan byhou nie, die Mej. Namibië-kompetisie eerste geskrap word.”

“Michelle het toe vir ons gesê dat sy die eksamen van haar studies met 'n jaar wil uitskuif en ons het nee gesê. Sy het dit ingesien en besluit dat as sy regtig wil, kan sy volgende jaar weer vir Mej Namibië inskryf. Sy was baie hartseer hieroor, maar sy weet dat haar studies nou eerste kom,” het Anke gesê.

Volgens haar is dít die rede vir die ontrekking en nié, soos in die sosiale media bespiegel word, oor die kuber-afknouery en kommentare op die Facebook-blad van die Mej. Namibië-semifinaliste nie.

“Ek het geweet dat ek myself vir kritiek blootstel toe ek ingeskryf het. Ek is 'n sterk, onafhanklike vrou wat nie eintlik omgee oor wat ander mense wat my nie ken, oor my te sê het nie.

“Dit het net alles te veel geword - die nuwe werk van 08:00 tot 17:00 en dan nog leer vir die eksamens in die aande. Die kompetisie val nou in die tyd wat die eksamens ook is, en ek moes kies,” het Michelle gesê.

Die nasionale direkteur van die Miss Namibia Pageant CC, me. Connie Maritz, het bevestig dat Pretorius onttrek het.

“Die kommentare op sosiale media is wreed, ongeskik en onregverdig. Ek het persoonlik 'n onderhoud met al die semifinaliste gevoer en hulle is almal waardige en pragtige vroue in hul eie reg. Ek weet sommige van die foto's is nie baie vleiend nie, maar die fotograaf moes dit gesien en reggestel het,” het Maritz gesê.

“Ons het die jaar besluit om die inskrywings aanlyn te doen omdat almal oor 'n selfoon beskik en alles al hoe meer aanlyn gedoen word. Ons het deur die aanlyn inskrywings baie meisies vanuit alle hoeke van Namibië bereik, baie meer as in die verlede.”

Soortgelyk

 

Hep E: 28 gevalle 'n dag

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtByna 30 nuwe gevalle van hepatitis E is in die laaste week van Julie daagliks oraloor die land aangeteken. Die siekte het boonop die...

Kaalkiekies saai amok aanlyn

1 uur gelede | Misdaad

Denver KistingSo onlangs soos gisteroggend moes die stadspolisie in Windhoek hulle na 'n toneel haas nadat 'n vrou haar lewe probeer neem het weens gelekte...

Die weer vir 8 Augustus 2019

1 uur gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud tot matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig...

Ministerie steek stokkie voor mossel-oes

1 uur gelede | Ministeries

Erwin LeuschnerDie minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het gister die oes van witmossels vir kommersiële gebruik verbied. Hy het dit by...

Ma hoop seuntjie leef nog ná 22 jaar ...

1 uur gelede | Misdaad

Denver Kisting – Meer as 22 jaar ná ’n negejarige seuntjie van die Kaapse Vlakte van sy ouerhuis verdwyn het, hoop sy ma hy lewe...

Dubbele moordenaar kry vyfde prokureur

1 uur gelede | Howe

font face="Verdana">Die man wat Dinsdag in die Windhoekse hoërhof skuldig bevind is aan die moord op twee vroue in Januarie 2016 het gister sy vyfde...

Bekendes belê groot in gasvryheidsbedryf

1 uur gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Die gewildheid van die drie Stellenbosch-restaurante in die Bougainvillea-sentrum in Klein Windhoek – The Stellenbosch Wine Bar, Tasting Room en Market –...

Polisie sing Kalahariwoestyn-lofliedere

1 uur gelede | Polisie

Denver Kisting Sedert die polisie verlede jaar met ander owerhede begin kragte saamsnoer het om misdaad te bestry, het misdaadbedrywighede met nagenoeg 9% afgeneem.So sê...

Lesersfoto's 7 Augustus 2019

1 uur gelede | Lesersfoto's

Lesersfoto's 7 Augustus 2019