Sekuriteitsvereniging steier onder terugslae

SA eweknie kom help

03 December 2021 | Sakenuus
Augetto Graig

Die Sekuriteitsvereniging van Namibië (SAN) se jaarvergadering op 26 November in Windhoek, die eerste sedert 2019, het skokonthullings vir die toekoms van die bedryf in die land opgelewer.

Die adjunkminister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, mnr. Daniel Kashikola, het bekend gemaak die regering beplan ’n nuwe wetsontwerp om die Wet op ­Sekuriteitsondernemings en Sekuriteitsbeamptes, wet van 2002, te vervang.

SAN-lede wag al jare dat bepalings van die huidige wet afgehandel word om ’n regulerende raad vir sekuriteitsbeamptes op die been te bring.

Dié raad sou kon help met uitdagings in die bedryf, soos onder meer die handhawing van minimumlone en die arbeidswet.

Kashikola het op navraag gesê die bestaande wet is nie omvattend genoeg nie, en dat die nuwe wet ook verwante dienste en bedrywighede in die land sal insluit.

Hy sê sy ministerie is 90% klaar met die konsepwet wat dan aan die bedryf vir insette voorgelê sal word.

Nog ’n terugslag vir die vereniging word in ’n verslag van die voorsitter, mnr. Hans Miljo, bevat.

Hy het gesê 25 gevalle van bedrog in verband met vervalste lidmaatskapsertifikate is oopgevlek.

Twee sekretarisse is afgedank en die polisieondersoek om hul betrokkenheid te bepaal, en die rol wat aansoekers in die misdaad gespeel het, duur voort, sê Miljo.

Finansiële state dui ook aan SAN het in 2020 ’n verlies gemaak. Teen die einde van dié jaar het die vereniging N$72 000 in kontant en bates gehad.

Lidmaatskapbydraes is nie genoeg om ’n operasionale begroting te kan opstel nie en ander bronne is nodig vir die vereniging om heeltemal operasioneel te word.

Teen die einde van Junie vanjaar het SAN nog N$17 000 verdien, na inkomste van N$146 000 uitgawes van N$130 000 moes dek.

Een positiewe verwikkeling is verbeterde samewerking met die Namibiese polisiemag (Nampol), wat inligting op Nampol-WhatsApp-groepe ook nou met SAN deel.

SAN het ook in Maart sy eie WhatsApp-groep begin waardeur lede kan kommunikeer.

Nog goeie nuus is die samewerkingsooreenkoms wat op 26 Januarie met die Sekuriteitsvereniging van Suid Afrika (SASA) gesluit is. SASA se mnr. Tony Botes het by die geleentheid ’n voorlegging oor die instansie aangebied.

Hy sê SASA is ’n groot en invloedryke instansie in die buurland waar dit een van net drie werkgewersorganisasies is wat saam met vakbonde op die Suid-Afrikaanse nasionale onderhandelingsraad vir die privaat sekuriteitsektor (NBCPSS) dien.

Deur die streng toepassing van betrokke wetgewing as vereiste vir goue lidmaatskap, handhaaf SASA standaarde en beste praktyke in dié bedryf, volgens hom.

SASA vier môre vir die eerste die Internasionale Sekuriteitsdag (jaarliks op 4 Desember), en SAN sal dit ook in Namibië vier.

By die jaarvergadering is mnre. Advocate Matomola, Absalom Tobias, Bartholomeus Koopman, Carinus Kotze, Dhiginina Uutaapama, Dawid Nuuyoma en Fanie Horn met me. Antoinette Smit en me. Carona Viljoen as die nuwe raadslede tot 2024 verkies. ’n Nuwe voorsitter sal in Januarie verkies word. - [email protected]

Soortgelyk

 

Lelies begin Sondag blom

10 ure gelede | Omgewing

Belangstellendes kan Sondag weer die lelieskouspel op die plaas Sandhof naby Maltahöhe bewonder wanneer die blomme na verwagting in die kleipan sal begin blom. Die...

Nóg reën word voorspel

10 ure gelede | Weer

Henriette Lamprecht – Met die weerprofete wat nóg reën voorspel, is dit veral die suidelike en sentrale gedeeltes van Namibië wat juig oor hul reënmeters...

Oranje: Oorstromings ‘haas onafwendbaar’

10 ure gelede |

Ronelle Rademeyer – ’n Volgende vloedgolf is in die Benede-Oranjerivier op pad en oewerboere is volgens berigte in die Suid-Afrikaanse media gewaarsku oorstroming lyk nou...

Weer vir 20 Januarie 2021

10 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Tref voorsorg teen wyd verspreide donderbuie.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Namib en die Zambezi- en Omaheke-streke met enkele buie. Elders bewolk en...

Reën beskadig tente by Havana-projekskool

10 ure gelede | Ministeries

Jeanette Diergaardt – Die Havana Sekondêre Projekskool het gister reënskade gehad nadat reënbuie die aand tevore in die hoofstad uitgesak het. Volgens die onderwysers wat...

Boer oorleef ná windpompstaaf hom deurboor

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – ’n Boer van Gobabis is na bewering Maandagnag op sy plaas deur die stiefseun van een van sy werkers ingewag en toe...

Uitspraak vandag oor omstrede skietvoorval

10 ure gelede | Howe

Augetto Graig – Landdros Taboka Mopipi lewer vanoggend om 08:30 in die hof op Kasane in Botswana uitspraak in die geregtelike nadoodse ondersoek na die...

Toeristegetalle styg in 2021

10 ure gelede | Toerisme

Henriette Lamprecht – Die aantal toeriste wat Namibië verlede jaar besoek het, het met 37,1% teenoor dié van 2020 gestyg. Verlede jaar het 'n totaal...

Swakop-skool onderskei tussen ontgroening en oriëntering

10 ure gelede | Ministeries

Adam Hartman op Swakopmund – Karakterbou, dissipline en akademiese prestasie word as agtenswaardige uitkomste vir die oriëntasie van nuwe leerlinge beskou, terwyl praktyke wat fisieke...