Seksonderrig in die spervuur
Seksonderrig in die spervuur

Seksonderrig in die spervuur

Volgens kommunikasie op ministeriële vlak moet Namibië teen liberale sienings oor seksualiteit waak.
Tuyeimo Haidula op Oshakati

Sorge oor morele en godsdienste besware teen ’n omstrede internasionale benadering tot seksonderrig het agter die skerms op die hoogste regeringsvlak gedraai.

In die spervuur: Omvattende seksualiteitsopvoeding of CSE (Comprehensive Sexuality Education)

Op 15 Junie het die adjunkpremier en minister van internasionale betrekkinge, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, in ’n brief aan me. Anna Nghipondoka, minister van onderwys, kuns en kultuur, geskryf: “Die ministerie is bewus van die omstredenheid van CSE oor die wêreld heen en die verband daartussen en die universele probleem van aborsie, die stukrag om homoseksualiteit te wettig en die seksualisering van kinders.”

Nandi-Ndaitwah het aanbeveel dat die onderwysministerie nie sy verbintenis tot CSE moet hernu nie.

Die voorstel is om ’n inheemse leerplan te ontwikkel wat tienerswangerskappe, die verspreiding van seksueel-oordraagbare siektes en geslagsgeweld. Volgens die brief grens sekere aspekte van CSE aan onwettigheid.

Nandi-Ndaitwah wou nie sê of sy deur die Amerikaanse organisasie Family Watch International beïnvloed is nie. Dié beweging is teen CSE gekant.

Volgens me. Sanet Steenkamp, uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur, is CSE nie soos elders ’n selfstandige vak of opvoedingsprogram in Namibië nie. Sy het by navraag gesê net sekere elemente van CSE is vanaf graad 4 tot 12 by die leerplan vir lewensvaardigheid (Life Skills) ingebou en is plaaslik goedgekeur.

Sommige jeug- en studenteleiers glo CSE moet wel in Namibië aangebied word.

Lees die volledige berig in vandag se Namibian Sun.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!