Seidler het net een doel voor oë

Oopwaterswem

15 September 2020 | Sport
Tielman van Lill



Indien Phillip Seidler 'n vrou was, sou hy beslis 'n waternimf gewees het.

Die Swakopmunder, Namibië se nommer een oopwaterswemmer is moontlik die mees gedissiplineerde atleet in die land wat hom deur niks en niemand laat onderkry nie.

Gedurende die afgelope maande moes hy weens die Covid-19-grendelstatus heelwat minder tyd as normaalweg in die water bestee. Maar hy vertel sy '“aftyd” het sy krag verbeter wat tot meer vaart in die water gelei het.

“Ek het steeds my oog op die 2021 Olimpiese Spele in Tokio, Japan. Ek is vasbeslote om vir die Spele te kwalifiseer en oefen gedissiplineerd sewe dae per week.

“Gedurende die grendeltydperk het ek minder geswem en my op kragwerk toegespits, wat my beslis vinniger gemaak het. My oefenprogram is 100 persent op peil. Hoewel ek weens minder swemtyd van my fiksheid ingeboet het, werk ek tans kliphard daaraan om weer topfiks te word en sal binnekort gereed wees om aan oopwaterkompetisies deel te neem.

“Vandat die inperking in die Erongostreek verslap is, swem ek 70 kilometer gedurende die week in die swembad om my fiksheid aan te jaag. Dit verg dat ek van Maandag tot Vrydag twee maal per dag die swembad vir twee ure op 'n slag aandurf. Dan besoek ek die biokinetikus drie keer per week vir een tot twee ure om my uithouvermoë en krag vir die tien kilometer-uitdagings op te skerp.

“Die ekstra kilometers in die swembad tap my energie behoorlik. Hoewel ek in die verlede op Saterdae gereeld meer as 50 km op my bergfiets bestee het, ry ek tans weens lae energievlakke net 30 km.

“My ander passie is natuurlik branderry. Ná die fietsrysessies durf ek die branders aan en Sondae is dit weer ek en my branderplank in die see waar ek so lank as moontlik tyd deurbring. Die fietsry is 'n baie goeie oorkruis-oefening wat my lyf ook vir die swem help,” het Seidler aan Republikein verduidelik.

Die 10 kilometer-oopwaterswem is die enigste erkende Olimpiese dissipline waarin Seidler kan kwalifiseer. Oopwaterswem word in mere, damme en die see gedoen.

Die swemowerhede en Olimpiese Komitees behoort later bekend te maak hoe die pad na kwalifisering vir Tokio daar uitsien, nadat die beplande uitdunbyeenkomste vanweë die wêreldwye Covid-pandemie in die slag gebly het.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Paartjies vernoem babadogters na Erindi

5 ure gelede | Gemeenskap

Yolanda Nel – Nie een nie, maar twee paartjies het op Erindi tydens hul reise na Namibië verlief geraak en hul babadogters na die gewilde...

'Sê vir ons oor Air Nam se geldsake’

5 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Werknemers van Air Namibia wat gister net 50% van hul maandelikse salaris ontvang het om só die benarde kontantvloei te beredder, wil...

Weer vir 30 September 2020

5 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Zambezistreek met enkele buie. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar warm in die ||Kharasstreek....

Houtskool: Eendagtegniek beter, goedkoper

5 ure gelede | Byvoegsels

Elvira Hattingh'n Nuwe verbrandingstegniek waarvoor tradisionele kilns ingespan kan word, verkort nie net houtskool se verbrandingstyd na een dag toe nie, maar is ook meer...

Etosha-ollie met strik gevind

5 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg – ’n Olifantjie wat Sondag met ’n kabelstrik om die voorbeen naby Namutoni in die Etosha Nasionale Park gewaar is, sal vandag van...

Steel van Covid-19-oorskot veroordeel

5 ure gelede | Misdaad

Ester Kamati – ’n Groep gemeenskapslede wat ’n Covid-19-oorskot uit die lykshuis van die Osire-vlugtelingkamp gesteel en dit dieselfde dag begrawe het, se optrede is...

La Niña amptelik aan stuur van (weer)sake

5 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Dis amptelik – La Niña, wat dikwels vereenselwig word met beter reënneerslae in suider-Afrika, is aan stuur van die wêreld se weersake....

'Toerismebedryf moet aanpas'

5 ure gelede | Toerisme

Francoise Steynberg op Solitaire – Die toerismebedryf moet by die veranderde omstandighede weens die Covid-19-pandemie en -regulasies aanpas om te oorleef.Só het mnr. John de...

Klag teen eerste minister faal

5 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se ondersoekbeampte, mnr. Phelem Masule, se regsgeding teen die Namibiese eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, is van die hofrol...