Sedoos - anie brand
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
As die wind nie waai nie.
Dan was jy noggi in Walvisbaai nie.
Stof inni mond.
Stof oral rond.
Waai sedoos waai.
Bring die vis na die kaai.
Bring nader die reën.
Om ons land te seën.
Warm wind van binneland.
Waai tot oppi kus se kant.
Oor berge en dale.
Waai sedoos vir 'n vale.
Stof. Warmte. Sweet.
Bedompig en stof geëet.
Ons mooi kusdorp verwaai.
Die stof oral inni baai.
Goeie warm weer.
Kort rokkies oral te keer.
Goeie weer, een begrip.
Braaiweer, skaaprib.
Die wind bring reën.
Biddend bly virri seën.
Danke Hemel Heer.
Stof waai dan weer.
As die wind nie waai nie.
Dan was jy noggi in Walvisbaai nie.
Stof inni mond.
Stof oral rond.
Waai sedoos waai.
Bring die vis na die kaai.
Bring nader die reën.
Om ons land te seën.
Warm wind van binneland.
Waai tot oppi kus se kant.
Oor berge en dale.
Waai sedoos vir 'n vale.
Stof. Warmte. Sweet.
Bedompig en stof geëet.
Ons mooi kusdorp verwaai.
Die stof oral inni baai.
Goeie warm weer.
Kort rokkies oral te keer.
Goeie weer, een begrip.
Braaiweer, skaaprib.
Die wind bring reën.
Biddend bly virri seën.
Danke Hemel Heer.
Stof waai dan weer.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie