Saoedi-Arabië se raffinadery in SA teen 2028 gereed

‘Goeie sakemodel’

11 November 2019 | Energie
William Horne – Die Sentrale Energiefonds (SEF) verwag nou dat die lank beloofde nuwe raffinadery wat Saoedi-Arabië in Richardsbaai wil bou, teen 2028 gereed gaan wees.

Die reuse-aanleg sal na verwagting 300 000 vate ruolie per dag produseer en ’n belegging van $10 miljard van die petrochemiese reus Saudi Aramco verg.

Dit sal dan Suid-Afrika se sewende en grootste raffinadery wees, maar sal ten volle deur Saoedi-Arabië besit word.

Die Arabiese koninkryk verskaf reeds meer as 40% van al Suid-Afrika se ruolie deur invoer, en sal dus sy houvas op die land se brandstofbehoefte vergroot.

Suid-Afrika het al geruime tyd ’n nuwe raffinadery nodig. Die regering sukkel al langer as ’n dekade om beleggers vir die oprigting van nuwe raffinaderye te lok.

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, het dit ook só beklemtoon in Julie tydens die energie-begrotingsposdebat toe hy bekommerd was dat ander Afrikalande moontlik Saudi Aramco se belegging sou weglok.

PetroSA het ook in September gesê dat sy verouderde raffinadery in Mosselbaai moontlik teen 2020 nie meer plaaslike voorraad sal kan vervaardig nie.

Saoedi-Arabië het nie die aard van sy belegging van dag een af bekend gemaak nie. Die koninkryk het tydens pres. Cyril Ramaphosa se beleggingsveldtog in 2018 $10 miljard se regstreekse belegging beloof, maar nie duidelik gemaak hoe dit sou materialiseer nie.

In Januarie 2019 het Khalid Al-Falih, voormalige minister van energie in Saoedi-Arabië, toe aangekondig die belegging sal in die vorm van ’n enorme raffinadery wees.

In Julie was dit nog onduidelik of die projek goedgekeur sou word.

Kholly Zono, waarnemende uitvoerende hoof van die SEF, sê Donderdag werk aan die projek is nog in ’n baie vroeë fase, maar gaan eersdaags versnel.

Zono verduidelik egter aan Reuters dat die $10 miljard-belegging nie die nodige ontwikkeling van ’n verwante petrochemiese aanleg sal insluit nie. Daar sal dus bykomende koste wees wat die regering met skuld en ekwiteit sal moet finansier.

“Ons is vol vertroue dat ons ’n baie goeie sakemodel het om beleggings en finansiering van banke te lok,” het Zono aan Reuters tydens ’n olie-en-gaskonferensie in Kaapstad gesê.

“Dié raffinadery sal die kapasiteit vir Suid-Afrika, maar ook die ganse streek verhoog,” sê hy.

’n Voor-uitvoerbaarheidstudie sal binne die volgende paar weke voltooi word, waarna ’n meer gedetailleerde uitvoerbaarheidstudie die beramings van die ontwerp en kapitale koste sal bevestig. Dit sal dan gevolg word deur ’n ingenieursontwerp.

“Ons sien uit daarna dat die nuwe raffinadery volledig in bedryf sal wees teen 2027-’28,” het Zono gesê. – Reuters, verwerk/Netwerk24

Soortgelyk

 

Twee 'renosterstropers' verskyn in Gobabis-hof

1 uur gelede | Howe

Twee vermeende renosterstropers het vandag in die landdroshof op Gobabis verskyn.Mnre. Alberto Mbwale en Joseph Matheus het op klagte van die onwettige jag van spesiaal...

Pastoor Babi steeds agter tralies

4 ure gelede | Howe

Pastoor Jackson Babi (30) van die House of Joy Ministries en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni (25), bly steeds agter tralies.Landdros Linus Samunzela het vanoggend...

25ste Covid-19-geval bevestig

6 ure gelede | Gesondheid

'n Vroulike gesondheidswerker (32) is Namibië se jongste Covid-19-geval. Dit bring die aantal bevestigde Covid-19-gevalle in Namibië op 25 te staan. Volgens die minister van...

Hof hoor president is 'mislei' oor arbeidsregulasies

17 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Pres. Hage Geingob is “verkeerd geadviseer” met die opstel van die gewraakte arbeidsregulasies waarvan die grondwetlikheid Vrydag in die hoërhof deur Namibiese...

Namibiërs in haglike omstandighede onder SA-kwarantyn

17 ure gelede | Gesondheid

Twee vroue van Windhoek en die een se 16-jarige dogter meen die vervalle staatshospitaal by Nababeep naby Springbok in die Noord-Kaap waar hulle in kwarantyn...

'Profeet' Babi se borgaansoek vandag

17 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Die bekende, charismatiese en selferkende profeet van die House of Joy Ministries, pastoor Jackson Babi (30), en sy medebeskuldigde, mnr. Friza Dumeni,...

Twee bemanningslede positief vir Covid-19

17 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht & Leandrea Louw – Walvisbaai huisves tans drie aktiewe gevalle van Covid-19 ná ‘n 51-jarige man Saterdag positief vir die virussiekte getoets het....

Fishrot-manne skarrel vir borgtog

17 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig – Die Windhoek-landdroshof het Vrydag met verskeie Fishrot-sake gewemel, met borgtogaansoeke wat met aansoeke vir die verlenging van tyd vir verdere ondersoek, meegeding...

Weer, Maandag 1 Junie 2020

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Zambezi- en Kavangostreek. Elders sonnig en warm tot baie warm. Winderige weer sal oor die binneland heers....