Sangers hef hul stemme vir stemloses

12 December 2020 | Gebeure
Suid-Afrikaanse en internasionale kunstenaars het kragte saamgesnoer om ’n aanlyn konsert te reël ten bate van die Voice of the Speechless (VOS)-projek, onder die vaandel van die Brain Child Fund (BCF)-organisasie.

Hierdie konsert, ten bate van mense met spesiale behoeftes en hulle geliefdes, sal eerskomende Sondag om 20:00 plaasvind.

Die bekende akteurs en rolprentvervaardigers, Anel en James Alexander, gaan hierdie konsert aanbied, al die pad vanuit hul huis in Hollywood waar hulle tans woon.

Kunstenaars soos die musiekgroep Rubber Duc, Nathan Smith, Ziya, Christiaan Baartman, Sincerely Anne, Petronel Baard, Brad en Nicole (VSA) en Stefan Jansen het hulle tyd en talent aangebied om hierdie doel te ondersteun.

Vroeër vanjaar het Ziya – ’n Suid-Afrikaanse musikant, komponis, liedjieskrywer en medestigterslid van BCF – wat tans in Philadelphia in die VSA woon, saam met haar man en hulle vier kinders ’n insiggewende gesprek met ’n ma gehad wat deel is van die BCF-netwerk.

“Ek het gevra hoe dit met hulle gedurende die grendeltyd gaan. Sy het geantwoord dat dit nie verskil van hul normale, alledaagse omstandighede nie. Hulle seun het ’n verswakte immuunstelsel, wat beteken dat hulle nêrens heen kan gaan nie,” verduidelik die musikant, wat self drie kinders met spesiale behoeftes het.

“Die VOS is ’n maatskaplike bewusmakingsveldtog wat van opvoedkundige vermaak gebruik maak om bewustheid te skep oor mense met spesiale behoeftes deur middel van musiek en video’s,” verduidelik Ziya.

Die projek is regtig die eerste van sy soort. Die geluide wat gestremde kinders maak en hul omgewing word opgeneem en so word hul stories in liedjies en musiekvideo’s vasgevang. Die doel is om vir die publiek insae te gee in die wêreld van diegene wat nie vir hulself kan praat nie. Kinders uit verskillende agtergronde en lande is hiervoor gebruik.

Die BCF is ’n organisasie wat fokus op mense met spesiale behoeftes. Hulle ondersteun die gesinne van gestremde mense deur hul toe te rus met hoop vir die toekoms, waarheid vir die hede en ondersteuning vir die pad vorentoe.

Hulle fokus hul energie daarop om gesinne met spesiale behoeftes op te voed en te ondersteun, asook om die publiek bewus te maak van die menslikheid en uniekheid van individue met spesiale behoeftes deur middel van sport en kultuur.

Die VOS se aanlyn liefdadigheidskonsert is ’n projek om dié doelwit te ondersteun.

Koop ’n kaartjie om hierdie inisiatief te ondersteun of besoek www.voiceofthespeechless.org om ’n skenking te maak. Kaartjies is nou teen N$75 op https://go.raindust.co/vos beskikbaar.

Soortgelyk

 

Gesondheidswerkers, leerlinge en onderwysers deel van 343 nuwe gevalle

5 ure gelede | Gesondheid

Sewe Covid-19-verwante sterftes is vandag aangekondig en wel vier in Windhoek, twee in Swakopmund en een in Grootfontein. Die sterftes in Windhoek sluit 'n 63-jarige...

Moller, Hatuikulipi se belange onder vergrootglas

20 ure gelede | Misdaad

Hoofredaksie – Een van die transaksies wat deur die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) as deel van die Fishrot-ondersoek gefynkam word, is 'n bedrag van N$8 miljoen wat...

Rekening van N$151 000 bly toe 'jakkals' gly

20 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – 'n Vermeende glyjakkals wat vir 'n maand saam met sy gesin in 'n gastehuis op Swakopmund gebly en glo nie betaal het...

Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae

20 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerTwee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.Die mans...

Reënweer bring groot skade

20 ure gelede | Weer

Kristien Kruger – Terwyl Namibië die derde week van swaar neerslae binnegaan, is groot skade reeds aan paaie, landerye en ander infrastruktuur aangerig. Windhoekers is...

Weer vir 11 Januarie 2021

20 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordweste, verre Weste en dele van die //Kharasstreek. Elders sal dit bewolk en warm tot baie...

Regering slaan toe op klaringsagente

20 ure gelede | Regering

Phillepus Uusiku – Die regering is in die finale fase van die instelling van strenger maatreëls vir die lisensiëring van klaringsagente.Die instellings beoog om die...

Nafau wen in hof teen Shoprite

20 ure gelede | Arbeid

Kristien Kruger en Adolf Kaure – Stakende Shoprite-werknemers was Vrydagmiddag verjuig toe die hoërhof in Windhoek beslis het dat ’n interdik teen die Shoprite-winkelgroep uitgereik...

Op die spoor van Hardapdam se opvangsgebiede

20 ure gelede | Infrastruktuur

Kallie Pauw (gasskrywer)Die onlangse wonderlike reën in groot dele van Namibië en verslae daaroor en foto's van vol riviere en dansende boere het mense (soos...