Sangeres tronk toe ná grappie oor vuil Nyl
Egipte
Die Egiptiese sangeres Sherine Abdel Wahab is ses maande tronkstraf opgelê nadat sy ’n grap gemaak het oor hoe vuil die Nylrivier is.
Die BBC berig Sherine, een van die land se bekendste sangeresse en ’n beoordelaar van die Arabiese weergawe van The Voice, het aan ’n aanhanger gesê dat ’n mens parasiete kan optel deur water uit die Nylrivier te drink.
“Drink eerder Evian,” het sy geskerts.
Evian is ’n handelsmerk van mineraalwater.
The Times of Israel berig haar opmerking het ’n herrie op sosiale media veroorsaak. Sommige mense sê dis ’n belediging vir Egipte se nasionale trots en ander sê dis diegene wat die rivier so besoedel wat eintlik skuldig is.
Sherine is in ’n hof in Kaïro, hoofstad van Egipte, skuldig bevind aan die verspreiding van nuus wat onwaar is en is ses maande tronkstraf opgelê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie