Sanger se ‘dankbaarheidsreis’ deur Namibië

20 August 2021 | Byvoegsels
In Die Skadu’s Van Engele is ’n dankbaarheidsreis-dokumentêr saam met die sanger André Schwartz waar liefde die voortou neem, genade die roetewyser is en die vlerke van engele die skadu’s gooi.

Hierdie reis van liefde en teruggee het sy oorsprong om ’n braaivleisvuur gehad, waar ’n vriend van André genoem het dit is tyd vir ’n Kersalbum en ’n nuwe Kersfeeslied.

Die lied, “Ek Wens Vir Jou ’n Kersfees”, is gebore en daar is besluit om ’n konsertreis na Namibië te onderneem en gratis vertonings in Windhoek en Swakopmund aan te bied “om terug te gee”.

Die konserte was in die opelug en ’n besonderse ervaring vir almal wat teenwoordig was. Elke konsertganger moes ’n geskenk vir ’n kind bring.

“Die aantal geskenke en kwaliteit daarvan het my sprakeloos gelaat – eintlik in trane,” sê André.

Letterlik kombivragte vol geskenke is by kinderhuise en hospitale uitgedeel.

“My emosies het my gereeld oorweldig wanneer ek dink aan die voorreg om vir hierdie beeldskone kinders ’n geskenk te kan gee. Van een hand na die ander. Alles net liefde en seëninge,” vertel André.

In Die Skadu’s Van Engele vat jou saam op reis deur Namibië en sluit ook in-diepte gesprekke met André oor sy pad met Covid, die motorneuronsiekte waarmee hy in 2019 gediagnoseer is, sy liefde vir diere, vriende en oumense in.

Ons kuier saam met André op sy plaas en beleef sy ma, sy diere, sy vriende, sy gees en sy wyshede.

“Hierdie program is ’n mylpaal in my lewe – ek voel uiters bevoorreg dat ek die kans gegun is om só ’n program te kon maak.”

Die musiekvideo van sy dankbaarheidslied, “Ek Haal Asem”, is onlangs bekendgestel en verskyn ook in die dokumentêr. Dié musiekvideo het ten doel om die universele boodskap van die belangrikheid van asemhaal te midde van ’n pandemie uit te beeld.

Natuurlik is hierdie geskenk – wat altyd as vanselfsprekend aanvaar is - noodsaaklik vir alle lewe, meen André.

Die video begin met André wat onderwater is – sonder asem. Hy breek deur na die oppervlak en ons is dadelik in ’n wêreld waar lug, suurstof en asem leef. Die musiekvideo is geskiet en vervaardig deur Christian Wolf van Brickwolf Creatives.

“Wanneer ek na die video kyk, glimlag ek, want ek haal asem.”

In Die Skadu’s Van Engele word eerskomende Sondag onderskeidelik om 10:30 en 12:00 op kykNET en kykNET NOU! uitgesaai.

Soortgelyk

 

Diplomaat van Namibië toets positief vir Omicron in Japan

36 minute gelede | Gesondheid

Japan se hoofkabinetsekretaris Hirokazu Matsuno het bevestig 'n diplomaat van Namibië in sy dertigs het positief vir die Omicron-variant getoets. Die man het Japan via...

Nog stemme van verset teen inhokking

12 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtTerwyl gevalle van die Omicron-variant van Covid-19 in talle oorsese lande bevestig word en midde 'n groot waarskynlikheid dat die variant reeds op eie...

Plaaseienaar aangekla ná raakskoot

12 ure gelede | Misdaad

Elvira HattinghDie vlaag van veediefstal in die Grootfontein-omgewing is die afgelope naweek opnuut tot 'n spits gedryf toe 'n plaaseienaar 'n vermeende veedief met 'n...

Amutse wins 2021 Bank Windhoek Doek Literary Visual Arts...

12 ure gelede | Mense

Monique AdamsBorn in Walvis Bay, Namafu Amutse attended Immanuel Ruiters primary school. She then moved to Swakopmund in 2007 and attended Swakopmund Primary School.Amutse completed...

Veldbrand nog nie in bedwang

12 ure gelede | Ongelukke

Tanja BauseDie veldbrand wat sowat 'n week gelede naby Okahandja begin het, woed steeds voort. Volgens mnr. Corne Kruger het die vlamme aan die einde...

Esau se aansoek vir borg eers op ys

12 ure gelede | Howe

Die voormalige minister van visserye, mnr. Bernhard Esau, se aansoek om borgtog is eers gehalt nadat hy gister nie soos verwag in die hof verskyn...

Weer vir 30 November 2021

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Suide. Elders gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele tot geïsoleerde donderbuie in die...

PHOTO OF THE WEEK:

12 ure gelede |

Siku Investments, together with Bank Windhoek as part of the Cancer Apple Project, donated over 50 apples to the Children of Hope Village. Siku investments...

Nust marine engineering students seek over N$3 million

12 ure gelede | Onderwys

Enzo AmueleA group of 16 students in a marine engineering degree programme at the University of Science and Technology (NUST) in partnership with a Finnish...