Samherji oor afleggings

Vakbonde 'nie in kontak met werkers'

02 March 2020 | Arbeid
Leandrea Louw

op Walvisbaai



Werkers aan boord die vis­sersboot die Geysir, wat tans in Mauritanië werk, sal hul werk behou, terwyl sowat 210 ander werknemers van die Yslandse vismaatskappy Samherji binnekort afgelê sal word.

Só sê die maatskappy wat homself tans midde-in die Fishrot-korrupsie­skan­daal bevind.

Werkers aan boord die Geysir het 'n verklaring oor die omstandighede uitgereik.

“Ons het 'n kontrak vir drie maande geteken en op salarisse ooreengekom wat volgens ons regverdig is. Ons is bereid om ons huidige kontrakte te verleng indien nodig. Ons is vrywilliglik aan boord, ons word goed behandel en die bemanning hou goeie moed. Ons het toegang tot ons families in Namibië.”

Vantevore is berig die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW) se adjunkpresident, mnr. Phillip Munenguni, sê hulle probeer kontak met die werkers in ­Mauritanië maak.

Dié werkers sê egter in hul verklaring niemand van die NUNW of die Namibiese Vakbond vir Voedsel- en Verwante Werkers (Nafau) het hulle of hul families al probeer kontak nie.

Mnr. Bjørn Johansen, 'n Samherji-woordvoerder, het verduidelik die eerste stap in die afleggingsproses vir bemanningslede van die Geysir wat nie vir die Mauritanië-operasie gehuur is nie, asook vir die Saga-bemanningslede, is op 24 Februarie gedoen.

“Alle bemanningslede sal die geleentheid gebied word om oor afleggingspakkette te onderhandel wat hul regte sal ­eerbiedig soos volgens die Namibiese arbeidswet.”



ARBEIDSWET

Johansen het ook verduidelik die ­Heinaste se bemanningslede, wat in 2018 afgelê is, het op 3 Desember verlede jaar volgens 'n eenparige besluit deur die raad van direkteure van Arcticnam Fishing betaling ontvang.

“Dié besluit is deur verteenwoordigers van alle Namibiese ­aandeelhouers in Arcticnam Fishing ­ondersteun. Dit is deur die raad tydens 'n vergadering op 24 Oktober 2018 bespreek. Alle ­betalings is volgens Namibië se ­arbeidswet gedoen.”

Munenguni sê daar is nie oor ­afleggingspakkette onderhandel nie.

“Dié werknemers het hul huise en karre verloor. Hulle het nie voorkeur geniet toe die boot aan Saga Seafood verhuur is nie. Hulle het tydelike werkers gewerf, wat hulle vir die hele 2019 uitgebuit het, en dié tydelike werkers het sonder enige kontrak gewerk.”

Boonop is in 'n ooreenkoms, wat vroeër die maand deur die twee vakbonde en werkers van die verskeie bote onderteken is, versoek dat ­Samherji se topbestuur tydens Maandag se vergadering teenwoordig is.

Niemand het opgedaag nie.

Mnr. Björgólfur Johannsson, Samherji se waarnemende uitvoerende hoof, het verduidelik dis gewone praktyk om plaas­like verteenwoordigers te hê.

“Die uitvoerende hoof of besturende ­direkteure woon selde ­vergaderings met vakbonde by. Dit is ook belangrik om te onthou ons ­Namibiese verteenwoordigers en raadgewers het 'n beter begrip van die Namibiese wetsraamwerk en die betrokke saak, en die groep se uitvoerende lede het volle vertroue in hulle. Ons verstaan hoekom die uitvoerende hoof se teenwoordigheid vereis is, maar ongelukkig kon hy nie van Ysland af vlieg om die vergadering by te woon nie.”



VERGOEDING

Oor hoe Samherji vir die ongeregtigheid teenoor Namibiërs gaan vergoed, het hy gesê die maatskappy is toegewy aan regverdige sakepraktyke oral waar hulle betrokke is.

“Om hierdie rede het Samherji met die hulp van die internasionale regsfirma Wikborg Rein in Noorweë in ­November 'n interne ondersoek van stapel gestuur ná beskuldi­gings teen die maatskappy.

“Die proses fokus op 'n duidelike en ­onpartydige oorsig van die feite. Die span wat die ondersoek hanteer, hoop om sy bevindings in April te maak.”

Johannsson het gesê die groep was sedert 2012 aktief in die Namibiese visbedryf en het sedert dié tydperk groot in die sektor belê.

“Samherji se onttrekking uit Namibië het in November 2018 begin toe die vennootskap met Arcticnam Fishing nie hernu is nie. Die vennootskap is op 'n vyfjaarkontrak ­gebaseer.

“Voor die kontrak aan die einde van 2018 ver­stryk het, is die gesament­like ondernemings in kennis gestel dit sou nie verleng word nie.

“Samherji se disinvestering in Namibië is daarom 'n proses wat teen die einde van 2018 begin het. Soos reeds gesê, sal die groep al sy verantwoordelikhede teenoor werknemers in Namibië nakom.”

Johannsson het verder verduidelik Samherji is in gesprek met alle belanghebbers.

“Alle besluite oor die groep se onttrekking aan Namibië is in noue samewerking met die Namibiese owerhede geneem.

“Ons glo die Namibiese samelewing in die algemeen sal baie daarby baat as ons die fabriekvissersboot die Heinaste in Namibië in werking kan kry, maar die vaartuig is weer deur die Namibiese owerhede teruggehou.

“Groot belange is op die spel vir ons Namibiese vennote, die bemanning en hul families.”

[email protected]

Soortgelyk

 

Geingob onder skoot oor ‘wit’ opmerkings

14 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, sê wat pres. Hage Geingob die afgelope naweek oor wit mense kwytgeraak het,...

Verskeie daaglikse vlugte binnekort na SA

14 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – FlyWestair en Airlink, die private Namibiese en Suid-Afrikaanse rederye, het tot reisigers se redding gekom en gaan die leemte aan direkte, geskeduleerde...

Skone Lira bemark Namibië

14 ure gelede | Toerisme

Die Suid-Afrikaanse sangeres Lira, wat die inperking in Namibië deurgebring en uitgebreide verkenningsreise in die land onderneem het, is deur die Federasie van Namibiese Toerismeverenigings...

Weer vir 19 Oktober

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Ooste. Elders sal die sonnig wees en baie warm tot bloedig wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Verdagte panga-rowers in hegtenis

14 ure gelede | Misdaad

Kristien KrugerVolgens ’n Namibiese polisieverslag is sewe mans in hegtenis geneem in verband met ’n aantal gewapende rooftogte in Windhoek.Die mans het hulself glo die...

Massavrekte van robwelpies ondersoek

14 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – ’n Ondersoekspan het begin om ongewone vrektes onder Kaapse pelsrobbe te ondersoek nadat klaarblyklik duisende wyfies vanjaar hul welpies teen die Namibiese...

Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

14 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit...

Stigma rondom Covid-19 neem af

14 ure gelede | Gesondheid

Jana-Mari Smith – Die normalisering van Covid-19 die afgelope jaar het veroorsaak dat stigmatisering weens die coronavirus besig is om af te neem, maar kenners...

Duitsland steun nasionale parke

14 ure gelede | Omgewing

Francoise SteynbergNóg 'n mylpaal is vir omgewingsbewaring behaal met die Duitse regering deur KfW wat sedert 2006 sowat N$1,4 miljard (75,5 euro) in Namibiese nasionale...