Samherji ontken stappe vir uitlewering

Imalwa: Misdaad het nie grense

08 December 2020 | Misdaad
Ronelle Rademeyer - Die Samherji-groep van vismaatskappy in Ysland sê nog die Namibiese polisie nog ander owerhede wat namens hom optree, het probeer om met sy werknemers oor vervolging in verband met die Fishrot-korrupsieskandaal kontak te maak.

“Die Namibiese owerhede het geen poging aangewend om met huidige of voormalige werknemers van maatskappye verbonde aan Samherji in verbinding te tree nie – nie op eie stoom of in samewerking met ander lande nie,” sê die groep in ’n verklaring wat laat Donderdag uitgereik is.

Dit volg op berigte in die plaaslike media asook deur Ysland se nasionale uitsaaidiens, RUV, dat wetstoepassingsowerhede in Namibië reeds geruime tyd probeer om Samherji se hoof- rekenkundige beampte, mnr. Ingvar Juliusson, en Esja Holding se besturende direkteur, mnr. Egill Arnason, aan Namibië uitgelewer te kry sodat hulle hier vervolg kan word.

Die beriggewing hieroor spruit uit ’n eedsverklaring wat deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se hoofondersoekbeampte in die Fishrot-ondersoek, mnr. Andreas Kanyangela, aan die hoërhof voorgelê is as deel van die aansoek vir die beslaglegging van die bates van die Fishrot-6 en die entiteite wat deur die beweerde korrupsie en bedrog in die toekenning van maasbankerkwotas bevoordeel is.

Komm. Nelius Becker, voormalige hoof van die kriminele ondersoekdirektoraat (CID), het op 5 Junie vanjaar in ’n brief aan Interpol hulp versoek met die opsporing van tien Samherji-werknemers.

Benewens die voorgenoemde twee werknemers, sluit die lys name ook mnr. Thorsteinn Mar Baldvinsson, Samherji se uitvoerende hoof, in.

“Die finansiële ondersoek dui sterk daarop dat die individue sedert 2014 betrokke was by die misdrywe (korrupsie, bedrog, omkopery en geldwassery) wat in die dossier uiteengesit word,” lui die brief aan Interpol.

Samherji ontken dit en sê nie een van sy werknemers word deur Interpol gesoek, of vlug vir die gereg nie.

“Nie die Namibiese polisie of Interpol het probeer om met die betrokke individue te praat nie. Daarom lyk dit nie asof Interpol hoegenaamd op die brief reageer het nie,” sê die Yslandse visreus in sy verklaring.

“Die Namibiese owerhede het geen wetlike outoriteit om vir die uitlewering van Yslandse burgers te vra nie, aangesien daar nie ’n uitleweringsooreenkoms tussen die twee lande is nie.”

Samherji voer verder aan die “polisieman se gedagtes” is sonder gronde en sê nie een van die individue se optrede regverdig vervolging nie.

“Trouens, die Namibiese beamptes blyk ten volle bewus te wees dat nie hulle of enige owerheid wat namens hulle optree, stappe teen Samherji se huidige of voormalige kan doen nie,” sê die maatskappy in sy verklaring.

Intussen het die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, verlede week in ’n onderhoud aan Republikein gesê “misdaad het nie grense nie” en Namibië werk met ander lande saam om werknemers van die Samherji-groep te kan vervolg.

Sy het in haar funderende eedsverklaring ter ondersteuning van die aansoek om beslaglegging ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca), nr. 29 van 2004, gesê Samherji se finansiële voordeel uit die viskwotaskandaal het sowat N$547 miljoen beloop. - [email protected]

Soortgelyk

 

Een sterfte, sewe nuwe gevalle

6 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes styg met een - die tuissterfte van 'n 32-jarige man in die Rundu-distrik - tot 3 572. Gister is sewe nuwe gevalle aangemeld,...

Trusted Travel System tot 15 Januarie uitgestel

8 ure gelede | Toerisme

Die Trusted Travel System vir die koördinering en verifiëring van Covid-19-uitslae in lande deel van die Afrika Unie (AU) geld eers van 15 Januarie aanstaande...

Man in Bwabwata Nasionale Park deur olifant doodgetrap

8 ure gelede | Omgewing

Matala Mafuta (71) van die Omega 3-nedersetting is Woensdag omstreeks 09:30 deur 'n olifant in die Bwabwata Nasionale Park doodgetrap. Volgens 'n voorlopige ondersoek deur...

August 26 skenk PPE's aan gesondheidsministerie

9 ure gelede | Gesondheid

August 26 het persoonlike beskermende toerusting (PPE) ter waarde van N$2,9 miljoen aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste geskenk. Die toerusting sluit mediese...

Stop digitale geweld teen vroue

11 ure gelede | Misdaad

Jaarliks val die fokus op 25 November tydens die Internasionale Dag om Geweld teen Vroue en Meisies te Stop op die stygende aantal gevalle van...

Covid-19: Nuwe virus-variant in Suid-Afrika, Botswana

21 ure gelede | Gesondheid

Wetenskaplikes het ‘n nuwe variant van SARS-CoV-2, die virus wat Covid-19 veroorsaak, geïdentifiseer.Dit is ‘n mutasie van die B.1.1-variant en staan as B.1.1.529 bekend, berig...

NSFAF terug op tapyt

21 ure gelede | Ministeries

Augetto GraigDie Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) moet vanoggend opnuut voor die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge verskyn om antwoorde te verskaf hoe...

Weesrenosterkalf oorleef ’n maand in bos

21 ure gelede | Omgewing

Tanja BauseMwezi, die klein swartrenosterkalf wie se ma deur stropers doodgeskiet is, kan al self staan. Die kalfie is sowat ’n week gelede om twaalfuur...

Weer vir 25 November 2021

21 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Sterk westewinde kan vandag en môre oor die binneland waai.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die suide en ooste met enkele...