'Sam Nujoma is 'n ikoon'
Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as 'n ikoon beskryf: "Hy is 'n man wat deur 'n aangebore nederigheid gedefinieer word, maar hy beskik oor 'n ingesteldheid en 'n aura wat groter as die lewe is. Nujuma se erfenis strek oor verskeie geslagte en vorm 'n brug tussen die 20ste en 21ste eeu, tussen jong en oud, tussen geslagte van die vryheidstryd en diegene wat daarna gebore is." Van links is me. Monica Geingos, Geingob, Nujoma en sy vrou, me. Kovambo Nujoma. Foto Facebook/Namibian Presidency
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie