• Tuisblad
  • Sake
  • SAL: Solidariteit ‘verstom’ oor ras-faktor by afleggings
SAL: Solidariteit u2018verstomu2019 oor ras-faktor by afleggings
SAL: Solidariteit u2018verstomu2019 oor ras-faktor by afleggings

SAL: Solidariteit ‘verstom’ oor ras-faktor by afleggings

William Horne – Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gaan nie net meer as die helfte van sy werknemers afdank nie, hy gaan dit ook volgens ras doen.

Die vakbond Solidariteit het Woensdag gesê dat die lugdiens in sy skokkende afleggingskennisgewing van Maandag aandui dat ras vaardighede kan troef wanneer daar besluit word wie afgedank moet word.

“Ons is verstom,” sê Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, Woensdag in ’n verklaring.

“Die SAL is in die waakeenheid, op die punt om te sterf, en dan is hulle steeds meer bekommerd oor rassesyfers as oor die beste vaardighede.

“Die besluit om ras as ’n kriteria vir die afleggings te gebruik, is immoreel, onwettig en druis in teen die doel van sakeredding,” sê hy.

In die artikel 189-kennisgewing van Maandag sê die sakeredders, Les Matuson en Siviwe Dongwana, dat die bepalings van die Wet op Diensbillikheid ingespan sal word om die rasseprofiel van die oorblywende personeelkorps te verbeter.

“Om historiese wanbalanse behoorlik aan te pak wat verband hou met sekere kollektiewe ooreenkomste wat voordele verbonde aan senioriteit verskans, stel die maatskappy voor dat sulke uitkomste geëvalueer word met inagneming van die Wet op Diensbillikheid wat die billike verteenwoordiging van swart, vroulike en gestremde werknemers verseker,” lui die kennisgewing.

Louise Brugman, woordvoerder van die sakeredders, het Woensdag aan Netwerk24 gesê hulle het geen kommentaar te lewer oor die besluit om die afdankings volgens ras te benader nie.

Volgens Morné Malan, Solidariteit se woordvoerder oor die SAL, is die afleggingskennisgewing nie duidelik oor hoeveel poste in gedrang is nie, maar ’n syfer van 2 379 oortollige poste word wel genoem.

Solidariteit sê die kennisgewing bevestig dat die SAL in ’n benarde finansiële situasie is, maar wys ook hoe noodsaaklik die sakereddingsproses is.

“Die kennisgewing stel dit ook dat die SAL ’n hongersnood aan sekere vaardighede het,” sê die vakbond.

“Om die SAL uit sy nood te red het hy die beste moontlike vaardighede nodig. Jy kan nie as jy sterwend is die ras van die spesialiste wat jou moet red, dikteer nie,” sê Hermann.

“Om ras op enige wyse te gebruik om vaardighede te troef, ondermyn juis die oogmerke van sakeredding. Die SAL mag dalk sy rassesyfers regkry, maar hy gaan gelikwideer word. Die werkers se rasseprofiel gaan reggetrek word, maar almal gaan hul werk verloor.”

Volgens Solidariteit is dit geykte reg dat regstellende aksie nie gebruik kan word om mense af te dank nie.

Die vakbond het ’n skrywe aan die sakeredders gerig waarin geëis word dat die kriteria van ras summier geskrap word.

In die skrywe eis Hermann dat die sakeredders teen Donderdag 12 Maart reageer, anders sal “dringende regsoptrede” volg.

Volgens Solidariteit het die arbeidshof al meermale bevind dat die aangewese groep volgens die Wet op Diensbillikheid nie voorkeur moet kry met afleggings nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.25 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.30/OZ UP +1.01% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.77% | Zinc US$ 2 930.10/T UP 0.65% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP DOWN -0.0001 | Platinum US$ 982.79/OZ UP +0.88% Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 14° | 33° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 17° | 32° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 19° | 33° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 15° | 18° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:06, High tide: 04:02, Low Tide: 22:18, High tide: 16:30 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 04:00, Low Tide: 22:16, High tide: 16:28 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:04, High tide: 03:59, Low Tide: 22:16, High tide: 16:27 Rehoboth: 18° | 30° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 18° | 32° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 12° | 22° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 10° | 18° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 15° | 28° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 11° | 22° Lilongwe: 16° | 27° Maputo: 17° | 31° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 13° | 16° Durban: 20° | 33° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.46 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.25 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1429.05 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 27.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.30/OZ UP +1.01% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.77% | Zinc US$ 2 930.10/T UP 0.65% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP DOWN -0.0001 | Platinum US$ 982.79/OZ UP +0.88%