Sakereuse help vigswesies
’n SKENKING van N$30 000 het die agtersak van First National Bank Namibia ietwat ligter gemaak, maar die harte van die kinders wat deur die Christina Swart-Opperman-trust vir Vigswesies daarby baat, is ook daarmee soveel voller.
Meer as 8 045 kinders het sedert die trust se stigting in Februarie 2003 deur sopkombuise, borgskap van skoolklere, pretgeleenthede en ander aktiwiteite ’n ryker lewe ervaar en dr. Christina Swart-Opperman meen enige skenking kan die volhoubaarheid van die trust steun.
MyHealth en Namibia Breweries het vanjaar ook elk N$30 000 aan die trust geskenk, met Tamonika Events (N$20 000) en ander besighede wat ook stewige bedrae geskenk het.
Daar is ’n waglys van minstens 2 000 vigswesies regoor die land wat by dr. Opperman se trust kan baat. Private en korporatiewe borge is die lewensaar wat die trust se aktiwiteite voer.
Vir geldsinsameling hou die trust op 18 November ’n gala-aand by die Safari Hotel waar besighede tafels kan koop (N$5 600 vir tien mense). Die Suid-Afrikaanse sangeres Jennifer Jones sal optree, gedigte van die Namibiese digter Mvula ya Nangolo sal voorgelees word en kulturele opvoerings sal die aand tussendeur afrond.
Vir navrae hoe om privaat of as sake-entiteit by te dra, stuur gerus ’n e-pos na [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie