SADC wil sterk mag na Cabo Delgado stuur
SADC wil sterk mag na Cabo Delgado stuur

SADC wil sterk mag na Cabo Delgado stuur

Pres. Filipe Nyusi het al te kenne gegee hoewel Mosambiek hulp wil hê, sal hy nie toelaat dat sy soewereiniteit in die gedrang kom nie.
Sarel van der Walt

Die staatshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) se veiligheidsgroepering sal moontlik vandag aan Mosambiek se pres. Filipe Nyusi voorstel dat sowat 3 000 soldate van SADC-lande die Mosambiekse weermag help om Moslem-militantes in Cabo Delgado die stryd aan te sê.

Die ministers van verdediging en buitelandse sake van die SADC se veiligheidsgroepering sou gister vergader het om ’n plan te oorweeg wat deur ’n tegniese waarderingsmissie opgestel is.

Die missie is ’n paar weke gelede saamgestel ná ’n vergadering van die veiligheidsgroepering met Nyusi in Maputo.

Die drie staatshoofde wat vandag ’n voorstel aan Nyusi sal doen, is Suid-Afrika se pres. Cyril Ramaphosa, Zimbabwe se pres. Emmerson Mnangagwa en Botswana se pres. Mokgweetsi Masisi.

Dit is egter te betwyfel of Ramaphosa teenwoordig sal wees omdat hy gister en vandag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping moet verskyn.

Die Daily Maverick het Dinsdag berig die voorgestelde ingrypingsmag van 2 916 soldate sal bestaan uit drie infanteriebataljons van 630 soldate elk, twee spesiale magte-eskadrons wat elk uit 70 troepe bestaan, twee aanvalshelikopters, twee helikopters wat gewapen is, twee vlootvaartuie vir patrollies, ’n duikboot, ’n maritieme verkenningsvliegtuig, sowel as ander logistieke ondersteuning, soos vliegtuie, toerusting en ondersteuningspersoneel.

Nyusi het al te kenne gegee hoewel Mosambiek hulp wil hê, sal hy nie toelaat dat sy soewereiniteit in die gedrang kom nie.

Suid-Afrika het immers ’n regstreekse belang by veiligheidsake in Mosambiek en die Suid-Afrikaanse weermag se toerusting is veel beter as dié van die ander SADC-lidstate.

Dr. Jakkie Cilliers, ’n militêre en Afrikakenner van die Instituut vir Sekerheidstudies, sê hy glo militêre ingryping sal moontlik op kort termyn help, maar nie op die lange duur nie.

Die probleme in Cabo Delgado moet “op politieke vlak in Maputo” opgelos word.

Hy en verskeie ander kenners meen die oorsaak van die probleme in die olie- en gasryke Cabo Delgado is toe te skryf daaraan dat dié provinsie dekades lank deur die Frelimo-regering in Maputo gemarginaliseer is.

“Dit sal ’n heeltemal ander strategie van die Mosambiekse regering vereis as ’n militêre ingryping wat dalk op kort termyn stabiliteit kan meebring.

“Dalk kan dit ook vir Total (die Franse oliereus wat Maandag aangekondig het hy onttrek sy personeel om veiligheidsredes aan die Afungi-gasprojek aan die kus naby Palma) oortuig om terug te keer,” sê Cilliers.

Tientalle mense is dood en duisende het op die vlug geslaan toe die militantes verlede maand aanvalle op Palma uitgevoer het.

Prof. Theo Neethling, ’n politieke en militêre kenner van die Universiteit van die Vrystaat, sê die idee van ’n streeksbrigade vir die SADC en vier ander streke op die Afrikavasteland word al sedert 2008 in die vooruitsig gestel.

Oudpres. Thabo Mbeki het destyds ’n groot rol gespeel om sulke streeksmagte op die been te kry, maar dit het hoofsaaklik weens ’n tekort aan geld nooit gerealiseer nie.

Die afgelope jare was daar wel aktiewe militêre samewerking tussen sommige SADC-lidstate om ’n SADC-bystandsmag te skep, sê Neethling.

Neethling meen indien die ingrypingsmag die groen lig kry om in Mosambiek te gaan help, sal Suid-Afrika noodgedwonge ’n leidende rol speel.

“Suid-Afrika het immers ’n regstreekse belang by veiligheidsake in Mosambiek en die Suid-Afrikaanse weermag se toerusting is veel beter as dié van die ander SADC-lidstate.

“Suid-Afrika is boonop die enigste SADC-lidstaat met ’n noemenswaardige vloot en sy Rooivalk-aanvalshelikopters is ’n tyd gelede baie suksesvol aangewend teen rebellemagte in die Demokratiese Republiek van die Kongo as deel van operasies van die Verenigde Nasies.”

Omdat Suid-Afrika besig is om dringend staatsuitgawes te besnoei, kan sy weermag egter nie by uitgerekte teeninsurgensie-operasies in Mosambiek betrokke raak nie, sê Neethling. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026