SADC-ministers bekyk krag en water
SADC-ministers bekyk krag en water

SADC-ministers bekyk krag en water

Die ontwikkelingsgemeenskap moet saamwerk om uitdagings aan te spreek.
Augetto Graig
Augetto Graig - Ministers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) wat vir water- en kragkwessies verantwoordelik is, het verlede Vrydag in Windhoek vergader.

Ministers van Angola, Botswana, die Koninkryk van eSwatini, Lesotho, Mauritius, Mosambiek, Seychelle, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe was in Namibië se hoofstad om die stand van sake te bespreek wat water- en kragverskaffing in die streek betref.

Die vergadering is gesamentlik deur Namibië se minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, en die minister van landbou, water en bosbou, mnr. Alpheus !Naruseb, gelei.

Alweendo het die ministers daaraan herinner dat die vraag na water en krag in die streek weens ontwikkeling en klimaatsverandering toenemend groter raak.

“Die impak van klimaatsverandering word duideliker en al meer nadelig soos gesien kan word aan die hand van onlangse siklone, vloede en die oorheersende droogte in die SADC-streek,” het hy gesê.

“Die nagevolge van uiterste klimaatstoestande bedreig ons lewensbestaan wat water, krag en voedselsekuriteit in die streek betref,” het hy gesê.

“Ons sekerheid om te kan voorsien word bedreig,” het hy gesê.

Alweendo het genoem verouderde fossielbrandstof-kragaanlegte moet aan die einde van hul lewensduur buite werking gestel word.

Boonop droog finansiering vir hierdie ou aanlegte op.

“Die era van die omgewingsbewuste verbruiker, saam met die beskikbaarheid van alternatiewe tegnologie, dwing ons as leiers om radikale volhoubare besluite te neem om nuwe volhoubare infrastruktuur in te bring en ons bestaande infrastruktuur op te gradeer,” het hy gesê.

Alweendo meen dis steeds van kritieke belang om op die energieraamwerk in die streek te fokus.

Hy sê die Suider-Afrikaanse Kragpoel (SAPP) moet versterk word om meer plaaslike kragreguleerders te vestig, meer onafhanklike privaat kragopwekkers op die been te bring, en om die SADC-sentrum vir Hernubare Energie en Kragdoeltreffendheid (SACREEE) beter te befonds.

Streekprojekte moet ook voorkeur geniet, het Alweendo gesê.

“Dit sluit in korttermynstappe soos die rehabilitasie van ou kragstasies en die bou van nuwe kragstasies in om meer as 17 800 MW by SADC-lande se beskikbare elektrisiteit te voeg sodat die tekort aangespreek word en genoeg krag teen 2022 verskaf kan word,” het die minister gesê.

Alweendo het gesê hy is bly 62% van die nuwe projekte van die kragverskaffer wend hernubare bronne aan.

Oorgrenskoppeling van kragnetwerke geniet ook voorkeur, het hy gesê.

Die minister het gesê privaat ondernemings en die jeug moet meer betrek word om met oplossings vir die streek se kragtekort vorendag te kom.

!Naruseb het Namibië se droogtekrisis bespreek.

“Wat oorgrenswatersamewerking betref, oorweeg Namibië seewaterontsouting om watertoevoer na Sentraal-Namibië te versterk. Gesprekke word ook gevoer oor die moontlikheid om ontsoute water na Botswana te vervoer,” het hy gesê.

Verder het !Naruseb gesê die bou van Namibië se grootste dam, die Neckartaldam, en die voorgestelde Noordoewer-/ Vioolsdriftdam teen die laer Oranjerivier sal plaaslike watervoorsiening, kragopwekking en voedselproduksie bevorder.

Hy het ook die belang van jeugbetrokkenheid beklemtoon.

Me. Tumisang Agosi van die Afrika-unie se Jeugklub en mnr. Paseka Lesolang van die wêreldwatervennootskap het die Suider-Afrikaanse ministers namens die jeug toegespreek.

Agosi is die uitvinder van die Leak-Less-klep wat waterbesparing vergemaklik.

Hy het ’n beroep op die ministers gedoen om ’n persentasie van elke goedgekeurde water- en kragprojek aan die jeug toe te staan, en om betrokkenheid, entrepreneurkap, werksgeleenthede en ekonomiese volhoubaarheid vir die jeug moontlik te maak.

Water, krag en voedselveiligheid gaan hand aan hand, het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.38/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.88% | Zinc US$ 2 893.10/T UP 1.36% | Brent Crude Oil US$ 89.30/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.52 | EUR to NAD 20.2 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.85 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 347.38/OZ UP +0.72% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.88% | Zinc US$ 2 893.10/T UP 1.36% | Brent Crude Oil US$ 89.30/BBP UP +0.46% | Platinum US$ 913.87/OZ DOWN -0.0022