Saara sis oor verkryging

Teen eiebelang uitgevaar

16 July 2019 | Regering
Denver Kisting



Die eerste ­minis­ter, dr. Saara Kuu­gon­gelwa-Amadhila, het Namibiërs gewaarsku om die verkrygingsproses nie uit te buit nie.

Omdat die regering voorkeur wil gee aan plaas­like produsente, gee dit nie daardie mense die reg om hul pryse dan onredelik op te stoot nie, sê sy.

Tydens die opening van 'n slypskool oor openbare verkryging gisteroggend in Windhoek het die eerste minister gesê:

“Sommige mense verryk hulself en kul die publiek. Ons moet voorkeur aan openbare belang bo dié van die individu verleen.”

Die eerste minister het die ministers en uitvoerende direkteurs by die slypskool gemaan om 'n oop gesindheid te hê tydens gesprekke oor verkryging.

Volgens haar is dit 'n belangrike platform omdat dit 'n geleentheid is om die vordering in oënskou te neem wat met die inwerkingstelling van die wet op openbare verkryging gemaak is.

Sy het die afgevaardigdes daaraan herinner dat wetgewing rondom verkryging hervorm is met die doel om hoofsaaklik integriteit, verantwoordbaarheid, deursigtigheid en mededingendheid te bevorder.

Hiernaas, het sy gesê, het hervorming ook ten doel gehad om beleid, stelsels en gebruike rondom verkryging met mekaar te laat strook, die ekonomie 'n hupstoot te gee en doeltreffendheid aan te help sodat die regering waarde vir geld kry en vertroue by Jan en San Alleman kan inboesem.

Kuugongelwa-Amadhila het haar ontsteltenis uitgespreek oor sommige staatsondernemings wat nie oor interne verkrygingstrukture beskik nie en nie jaarlikse verkrygingsplanne aan die ministerie van finansies voorlê nie.

Die eerste minister het ook teen vertragings te velde getrek.

“Dit is belangrik dat vertragings met die verwerking van verkrygingsgoedkeuring aangespreek word.”

Volgens haar moet tydraamwerke aan dié goedkeuring gekoppel word.

Kuugongelwa-Amadhila sê dit is belangrik dat al dié prosesse deeglik gemonitor word.

Sy het afgevaardigdes opnuut herinner om prestasieooreenkomste “op alle vlakke” te sluit “om verantwoordbaarheid in die implementeringsproses te verseker”.

Mnr. Calle Schlettwein, minister van finansies, het gesê 'n doeltreffende openbare verkrygingstelsel beskik oor ses kenmerke.

Eerstens, sê Schlettwein, moet die tydige lewering van goedere en dienste aan die publiek en die tydige vloei van openbare beleggings in die ekonomie hoogty vier.

Daarnaas is voortgesette regsekerheid van die verkrygingsproses en -besluite van belang, sê hy.

Volgens Schlettwein is 'n ander kenmerk waarde vir geld vanweë 'n mededingende tenderproses.

Deursigtigheid, verantwoordbaarheid en goeie bestuur wat die administrasie van die openbare verkrygingsfunksie betref en doeltreffende reëlings en gepaardgaande vermoëns is eweneens belangrik, sê hy.

Schlettwein het gesê 'n doeltreffende openbare verkrygingstelsel moet ook ingespan kan word om bedrog en korrupsie teen te werk.

Soortgelyk

 

14 'wildmisdadigers' vas

3 ure gelede | Misdaad

Altesaam 14 vermeende wildmisdadigers is verlede weke in hegtenis geneem, van wie vier elk in verband met renoster- en olifantstropery of horing- of ivoorsmokkelary of...

Verklaar raad nietig, sê Itula

19 ure gelede | Politiek

Henriette Lamprecht - Dr. Panduleni Itula, tandarts van beroep en onafhanklike presidentskandidaat in die pas afgelope verkiesings, wil hê die aanstelling van nuwe lede van...

Makalani’s se voete in die water

19 ure gelede | In beeld

Die Namibiese weerkantoor het gister wéér ’n weerwaak vir wydverspreide donderstorms uitgereik, wat na verwagting in die Ohangwena-, Otjozondjupa-, Khomas- en Omahekestreek sal voorkom. Daar...

Opposisie, Itula gaan hof toe oor verkiesings

19 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het gister by monde van sy leier, mnr. McHenry Venaani, gesê hulle gaan ook...

Noa kap na ‘leunstoel-kritici’

19 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) se uitvoerende direkteur, mnr. Paulus Noa, het teruggekap na wat hy “leunstoel-kritici” noem en sê pleks dat hulle dié...

STEMFEITE: OSHANA

19 ure gelede | Politiek

Die infografiek lig Ondangwa se verkiesingsuitslae uit. In 2014 het Swapo 86% van alle stemme in die kiesafdeling gewen.

Weer vir 5 Desember 2019

19 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Donderstorms van 50 mm en meer oor 24 uur kan kitsvloede in Ohangwena, Otjozondjupa, Khomas en Omaheke veroorsaak.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm...

PDM steek skadukabinet aan die werk

19 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Mnr. McHenry Venaani, leier van die amptelike opposisie, die Popular Democratic Movement (PDM), het gister die party se skadukabinet aangekondig.Volgens hom gaan...

Vervoerpionier se roudiens Saterdag

19 ure gelede | Mense

Francoise Steynberg - Die roudiens van ’n pionier en legende in die Namibiese vervoer- en toerismebedryf, wyle mnr. Willie du Toit (68), vind Saterdag om...