SAA toegelaat om te vlieg
Catherine Sasman - Gister is 'n vliegtuig van die Suid-Afrikaanse lugredery, SAA, uiteindelik toegelaat om te vlieg na dit eers verbied is om die Internasionale Lughawe Hosea Kutako te verlaat.
Die Namibiese Direktoraat van Burgerlugvaart (NCAA) het die vlug aanvanklik verbied omdat die lugredery se buitelandse lugoperasie-sertifikaat verval het.
Vermoedelik net een vlug na Johannesburg is deur die NCAA-opdrag beïnvloed. SAA het daagliks drie vlugte uit Johannesburg na Hosea Kutako en terug.
Belanghebbendes in die lugvaartsektor in Namibië het gister gesê indien SAA versuim om die lugoperasie-sertifikaat te verskaf, dit sou beteken dat die lugredery se hele vloot, waar dit ook al in die wêreld is, ingehok sou moes word.
Die Suid-Afrikaanse media het verlede Augustus berig die lugredery het N$16 miljard van finansiers gevra om die nakoming van vereistes te befonds en om van sy skuldlas ontslae te raak.
Volgens hierdie beriggewing het SAA slegs N$100 miljoen oorgehad van sy waarborg van N$6 miljard, wat sedert 2005 verleng was.
Suid-Afrika se tesourie het geweier om SAA uit sy finansiële verkorsing te red alvorens hy kon bewys dat hy onafhanklik kan funksioneer.
Na verwagting sou SAA ook swaar bedryfsverliese teen die einde van die jaar rapporteer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie