SAA: 'Géén privatiseringsplanne'
Lugdiens wil die slag van afleggings versag deur vlieëniers en kajuitpersoneel tydelik aan ander lugdienste beskikbaar te stel.
Francois Williams
Sê “privatisering”. Haai nooit!
Daar is geen planne om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAA) te privatiseer nie, het Vuyani Jarana, uitvoerende hoof van die staat se lugdiens, Woensdag gesê.
Hy het op 'n vervoerkonferensie by die WNNR se konferensiesentrum in Pretoria die verskil probeer verduidelik tussen privatisering en die regering se besluit in 2017 dat hy privatesektor-deelname in die SAA wil hê.
Dit spruit uit die verklaring Dinsdag van die vakbond Solidariteit dat Jarana aan hom belowe het dat die SAA onmiddellik sal soek na 'n private vennoot.
ANC-parlementslede het al herhaaldelik in die parlement wal gegooi teen enige verwysing na privatisering, en die regering het ook al herhaaldelik sy verbintenis te kenne gegee dat die SAA in staatsbesit sal bly.
'n Private aandelevennoot is egter nodig omdat die SAA die geldinspuiting nodig het.
VOLHOUBARE LUGDIENS
Jarana het Woensdag gesê Solidariteit wil 'n volhoubare lugdiens hê wat nie werknemers sal aflê nie en wat nie 'n las op die staatskas is nie. Die SAA het volgehoue gesprekke met vakbonde, hoewel Solidariteit nie aanvanklik deel van dié gesprekke was nie. Die SAA het Solidariteit betrek nadat die vakbond begin het met 'n aansoek om die SAA in sakeredding te plaas.
“Ons moet die onderneming aantreklik maak vir potensiële beleggers. Die tesourie wil die proses vorentoe neem. Maar ons glo nie sakeredding sal ander resultate bring as dit waarmee ons nou besig is nie.
“Ons wil kommersiële logika na die onderneming terugbring. Ons is in die besigheid om mense veilig en gerieflik van een punt na 'n ander te neem, maar ons moet dit winsgewend doen. Kommersiële logika is dus om die mark te verstaan, weet waarheen om te vlieg, hoe ons vlieg, hoe gereeld ons vlieg, terwyl kliënte se verwagtinge en behoeftes verstaan word. Dit gaan ook oor hoe die SAA bates koop en teen watter prys,” het Jarana verduidelik.
Hy het toegegee die meeste van die SAA se binnelandse roetes word tans geteister deur negatiewe bruto winsmarges – kortom – hulle ly 'n verlies.
Die SAA wil vaardighede teruglok en die kultuur van die organisasie verbeter.
“Dit gaan lank duur en sal nie maklik wees nie.”
Stappe wat die SAA reeds gedoen het, is byvoorbeeld om die vlugte na Londen van twee per dag na een per dag te verminder. Dit maak sin, want nie een van die twee daaglikse vlugte was gereeld vol nie. Die SAA sal egter die reg voorbehou om weer twee vlugte per dag na die Heathrow-lughawe in Londen in te stel sodra sake verbeter.
Volgens Jarana is dit belangrik om die huidige stand van sake by die lugdiens te verduidelik, en sy oopdeurbeleid help met voortgesette verhoudinge met vakbonde.
Hulle wil die slag van afleggings versag deur vlieëniers en kajuitpersoneel tydelik aan ander lugdienste beskikbaar te stel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie