SA voer al minder wyn uit – dis hoekom

‘SA handelsnaam se beeld positief’

11 July 2019 | Landbou
Nellie Brand-Jonker – Suid-Afrikaanse wynuitvoer was in die jaar tot einde Junie die laagste in agt jaar.

Data van Sawis, die inligtingsorganisasie vir die wynbedryf, wys wynuitvoer was 18% laer op 362,7 miljoen liter.

Dit is grootliks weens die skerp daling in wyn wat in grootmaat uitgevoer word, wat in die jaar tot einde Junie met 25% tot 204 miljoen liter gedaal het.

Die uitvoer van verpakte wyn het met 8% tot 158 miljoen liter gedaal, die laagste vlak sedert 2005.

Die uitvoerbemarkingsliggaam Wines of South Africa (Wosa) skryf dié daling hoofsaaklik toe aan:

· 1. Die wyndruifoes in die twee jaar sedert 2017 was onderskeidelik 13% en 2% kleiner as die vorige jare. “Daar is dus minder wyn om te verhandel. Wynkelders moet noukeurig sowel die binnelandse mark as die uitvoermark met die beskikbare produk bedien,” sê Siobhan Thompson, uitvoerende hoof van Wosa.

· 2. Die wyndruifoeste in ander wynboulande het in 2018 na normale vlakke teruggekeer, wat die internasionale mededinging vir wyn verhoog het. “Dit spoel oor na 2019. Kortliks, daar is minder (Suid-Afrikaanse) wyn om in ’n mededingende mark te verhandel.”

· Volgens Thompson het die gemiddelde prys per liter wyn gestyg weens die tekort aan voorraad ná die afgelope twee jaar se swak oeste en die bedryf se behoefte om winsmarges te verbeter.

· Terselfdertyd het ander wynlande goeie oeste gehad en het hulle oortollige voorraad wyn in groot maat teen lae pryse verkoop.

· Grootste mark

· Brittanje is steeds die grootste uitvoermark met 93 miljoen liter wyn wat daarheen uitgevoer is. Die uitvoer daarheen het met 12% gedaal.

· Meer wyn word in grootmaat daarheen uitgevoer as verpakte wyn.

· “Ons kan nie daarmee meeding nie en wil ook nie omdat dit nie ekonomies sin maak nie.”

· Thompson sê ten spyte van die daling in die volumes wyn wat uitgevoer is, is dit verblydend dat die randwaarde van uitvoer toegeneem het.

· Die waarde van uitvoer het met 4% tot R9,1 miljard gestyg.

· Wosa en Sawis is nog besig om ’n behoorlike ontleding te doen van wat tot die laer uitvoervolumes aanleiding gegee het. Thompson sê dié daling is ’n bron van kommer.

· “Ons dink nie dit hou verband met die beeld van Suid-Afrika se wyne nie, maar hoofsaaklik met voorraad. Ons meen die beeld van Handelsnaam Suid-Afrika is positief en verbeter elke dag.” – Netwerk24

Soortgelyk

 

Andjaba nuwe onderwysminister

6 ure gelede | Onderwys

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob het vandag vir amb. Martin Andjaba, die minister van presidensiële aangeleenthede, as waarnemende minister van onderwys, kuns en kultuur...

Maak jou stem dik

23 ure gelede | In beeld

Tanja Bause - Die aanvullende registrasieproses vir vanjaar se verkiesing het Maandag afgeskop en sal tot 27 Julie voortduur.By talle registrasiepunte het dinge stadig uit...

Katrina gee bes

23 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Te midde van groot openbare druk het Katrina Hanse-Himarwa gistermiddag die tuig neergelê as minister van onderwys, kuns en kultuur.Kort nadat die...

Kolonel en kie stroop glo wild

23 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - ’n Weermagkolonel en ’n instrukteur by ’n beroepsopleidingsentrum is Maandag op borgtog van N$5 000 elk vrygelaat nadat hulle daarvan beskuldig is...

Weer vir 10 Julie 2019

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Noorde. In die binneland sal dit winderig wees met sandstorms oor die Namib.KUS: Sonnig en baie...

Net 26,7% water in damme oor ...

23 ure gelede |

Elvira Hattingh - Damme in Namibië het in totaal net 26,7% of 186,820 Mm³ (miljoen kubieke meter) water oor.Dít in vergelyking met dieselfde tyd verlede...

UPM wil Baster-grondeis instel

23 ure gelede | Politiek

Die United People’s Movement (UPM) het bevestig pogings is aangewend om ’n grondeis in te stel vir grond wat tydens die Duitse, Suid-Afrikaanse en Swapo-regering...

Namibiërs eersdaags met die maan gepla

23 ure gelede | Tegnologie

Elvira Hattingh - Voor die 50ste gedenkjaar sedert die maanlanding wêreldwyd op 20 Julie gevier word, gaan die maan eers ‘n besonderse vertoning vir aardlinge...

Een uit tien voltooi nie laerskoolopleiding

23 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sou dinge voortgaan soos nou gaan een uit elke tien kinders in Afrika suid van die Sahara nie hul laerskoolopleiding teen 2030...