SA trek beampte vas wat visumbedrog uit Windhoek pleeg

24 July 2020 | Misdaad
Die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake het 100 visums teruggetrek wat na bewering deur een van sy beamptes wat by die hoëkommissariaat in Windhoek geplaas was, op bedrieglike wyse uitgereik is.

Die buurland se minister van binnelandse sake, mnr. Aaron Motsoaledi, het bekend gemaak die sekretaris van burgerlike en immigrasiedienste wat in Windhoek werksaam was, is in hegtenis geneem en bedrog met die uitreik van visums aan burgers van Pakistan en Bangladesh word ondersoek.

Die amptenaar het dit na bewering aan mense verkoop wat nie daarvoor gekwalifiseer het nie.

“Die skema was so eenvoudig dat die bedrieërs nie eens nodig gehad het om na Namibië te reis om hul dokumente af te haal nie. Dit is na hulle gekoerier en op 'n silwer skinkbord aan hulle oorhandig.”

Motsoaledi het dit in die nasionale vergadering bekend gemaak toe hy Woensdag sy departement se hersiene begroting gemotiveer het.

Hy sê die beampte is uit die diens ontslaan en die lêers is aan die Valke oorhandig sodat hy vir bedrog en korrupsie vervolg kan word.

“Ek kan nie sê dit was die enigste visums wat onregmatig uitgereik is nie, want ons weet nie. Daarom is ons besig met 'n oudit van al die visums wat uitgereik is sedert 17 Oktober 2018 toe die beampte daarheen uitgeplaas is,” het die minister gesê. – News24

Soortgelyk

 

Pastoor verkrag glo tienerseuns

10 ure gelede | Howe

Augetto Graig – 'n Pastoor wat tereg staan op vier klagte van verkragting van vier minderjarige seuns, is op borgtog vrygelaat.Die seuns is almal onder...

Eerste nag in selle vir Boulter

10 ure gelede | Howe

Ester Kamati op Outjo – Die invloedryke Britse miljardêr mnr. Harvey Eric Boulter (51) se aansoek om borgtog is gister in die landdroshof op Outjo...

Weer vir 12 Mei 2021

10 ure gelede | Weer

BINNELAND: Dit sal aanvanklik koud wees in die binneland, maar andersins sal dit sonnig en warm tot baie warm wees. In die Noorde sal dit...

Vermeende beesdiewe loop hul rieme styf

10 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer – Drie mans is op Otjinene in aanhouding nadat hulle na bewering Sondag naby Summerdown die slot van 'n plaashek geknip en helder...

'Glyjakkalse' loop hul rieme styf

10 ure gelede | Howe

Twee jong mense wat glo by ver­skeie oornagplekke in die noorde van die land bedrog gepleeg het, is Vrydag in hegtenis geneem. Mnr. Francois Strydom...

Mobiele Covid-toetseenheid by padblokkade

10 ure gelede | Gesondheid

Die eerste mobiele Covid-19-toetsgeriewe vir toeriste is by die Okahandja-padblokkade op die B1-hoofpad geopen. Die mobiele eenheid is 'n inisiatief deur die Toer- en Safarivereniging...

Otji-5-verhoor: Weduwee wil vergoeding eis

10 ure gelede | Howe

Marc Springer – Die weduwee van 'n Zimbabwiese burger wat twee jaar gelede op Otjiwarongo vermoor is, het die eerste wetlike hekkie oorkom in haar...

Tweejarige peuters verdrink in puttoilet

10 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het twee kinders, beide twee jaar oud, Saterdag in 'n puttoilet verdrink. Die ongeluk het omstreeks 14:00 in die...

Transgender aanrandingsaak teen polisielid begin

10 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Die verhoor waarin 'n transgender Namibiër 'n klag van aanranding teen 'n polisiebeampte aanhangig gemaak het, het Maandag in die hoërhof in...