SA toeriste by Duin 7 aangeval

Namibië se beeld as veilige vakansiebestemming word bedreig.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - 'n Aanval op bejaarde toeriste by Duin 7 naby Walvisbaai het die hoofopskrifte van 'n Suid-Afrikaanse streekskoerant gehaal. Dit plaas Namibië as toeristebestemming in 'n negatiewe lig.

'n Bejaarde egpaar van Middelburg in Mpumalanga het aan die Middelburg Observer vertel hoe hulle verlede Donderdagoggend by Duin 7 aangeval en beroof is.

Die opskrif in 8 Augustus se koerant lui "Namibië nie meer veilige bestemming", wat skade aan Namibië se beeld as veilige vakansiebestemming aanrig.

In Namibiese toerismekringe word stygende misdaad as een van die uitdagings in die bedryf beskou met al meer voorvalle van misdaad teenoor toeriste wat aangemeld word.

Mnr. Gert Pretorius (69), ’n oudbrandweerhoof van Middelburg, het vertel dat hulle by die bekende toeriste-aantreklikheid Duin 7 gestop het om daarna te kyk.

Sy vrou, Emma (70), het by die voertuig bly staan en hy het ’n entjie weggestap om klippies en sand op te tel. Pretorius sê sy vrou het opgemerk dat ’n voertuig eers verby hulle ry en toe na hulle omgedraai het. Hy het dit egter self nie opgemerk nie.

’n Groep van vier mans het uit die voertuig gespring en me. Pretorius met hul messe gedreig.

“Emma het my aandag probeer trek om te skree en te fluit, maar ek het niks gehoor nie. Toe ek omdraai, het hulle my gegryp,” het Pretorius vertel.

Hy sê hulle het hom deursoek en van sy beursie en selfoon beroof. Daarna het hulle die kar deursoek, waar hulle die egpaar se kameras en ander sakke gegryp het. In dié sakke was onder meer tentpenne, selfoonlaaiers en sy vrou se grimeersakkie.

Die rowers het ook die voertuig se sleutels gevat en drie van die voertuig se bande met messe stukkend gesteek voordat hulle weggejaag het.

Die egpaar het begin aanstap na ’n avontuurkamp sowat 500 m van die duin af vanwaar die polisie en insleepdienste gekontak is.

Hul voertuig is ingesleep en mnr. Johan Swanepoel het hom oor die getraumatiseerde paartjie ontferm.

Pretorius sê hul ID’s, rybewyse, bankkaarte en ander belangrike kaarte was alles in hul beursies. Hul paspoorte was gelukkig in ’n ander sak en hy het ook ’n ou rybewys, wat nog tot 2019 geldig is, in sy voertuig gekry.

Pretorius sê omdat hul bankkaarte gesteel is, het hulle nie toegang tot kontant gehad nie. Hul kinders en ander familielede het geld in Swanepoel se rekening inbetaal, vanwaar hy dit onttrek het en vir die paartjie gegee het.

Pretorius sê dit het hulle sowat N$4 000 gekos om die drie bande te vervang. Dit sluit nie die insleep- en ander kostes in nie.

Hulle sou verlede Vrydag ’n ander sleutel vir hul voertuig laat maak.

Verlede Donderdagaand het die polisie egter by hulle opgedaag met me. Pretorius se grimeersakkie.

In die sakkie was haar grimering, asook die voertuig se sleutel. Volgens die polisie het hulle die grimeersakkie naby ’n woongebied in die omgewing opgetel.

“Ons lewe, dit is die belangrikste!” het Pretorius aan die koerant gesê.

DUITSE TOERISTE GISTER OOK SLAGOFFERS VAN GEWELD

‘n Familie van vier Duitse toeriste is glo gister omstreeks 13:30 op die Westelike verbypad in die hoofstad aangeval.

Die Duitse familie het pas in Namibië geland en was glo in ‘n gehuurde dubbelkajuitbakkie op pad na die Etosha Nasionale Park.

‘n Silwer sedanvoertuig het hulle glo gevolg en oorkant Paaltjies aangedui dat iets met hul voertuig skort.

Toe die Duitsers stop, is hulle glo deur drie mans aangeval. Die mans het glo geld van die pa geëis.

Die bestuurder van ‘n bus wat agter hulle gery het, het gestop en hulp aan hulle verleen, het ooggetuies aan Republikein se susterskoerant, Namibian Sun, vertel.

Die gewapende busbestuurder het glo twee waarskuwingskote afgevuur.

Twee van die drie rowers het gevlug en een is glo deur die busbestuurder met sy vuurwapen aangehou totdat die polisie opgedaag het.

Die rowers het met die bakkie se sleutels gevlug.

Die Duitsers was hierna glo erg geskok.

Die Namibiese polisie se woordvoerder, insp. Kauna Shikwambi, kon nie gisteraand die voorval bevestig nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.44/OZ UP +0.33% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.56% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.99/BBP UP +0.11% | Platinum US$ 910.75/OZ DOWN -0.0056 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.12 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.44/OZ UP +0.33% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.56% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.99/BBP UP +0.11% | Platinum US$ 910.75/OZ DOWN -0.0056