SA se Transnet kaap Trans-Kalahari-spoorlyn
Botswana se steenkoolreserwes word op 212 miljard ton beraam.
Ogone Tlhage - Transnet, Suid-Afrika se spoorwegmaatskappy, het in Februarie onderhandelings met sy eweknie, Botswana Rail, hervat om ‘n swaarvragspoorlyn te bou wat die twee lande by Lephalale in die Limpopo-provinsie sal verbind.
Sodoende is soortgelyke planne van TransNamib gekaap.
Volgens Fin24 is die doel hiervan om die potensiaal van sowat 212 miljard ton steenkoolreserwes in Botswana te ontsluit.
Transnet het in ‘n verklaring gesê die spoorweguitbreidingsprogramme betrokke by die bou van die Botswana-spoornetwerk is in die uitvoerfase.
“Hierdie spesifieke program, wat in die konstruksiefase is, is ‘n stap nader aan die ontsluiting van steenkool van beide die Waterberg en Botswana. Botswana se steenkoolreserwes word op 212 miljard ton beraam,” het Transnet gesê.
“Ander projekte ter ondersteuning van hierdie program sluit onder meer die opgradering van die steenkoolvervoerstelsel se elektriese infrastruktuur in, en die bou van 'n tweede tonnel by Overvaal in Mpumalanga.”
Ondanks dié verwikkeling is TransNamib steeds vasbeslote dat hulle saam met Botswana Rail in beheer van die implementering van die projek is, het mnr. Hippy Tjivikua van die maatskappy gesê.
Volgens hom is beide spoorwegmaatskappye daaraan toegewy om die projek af te handel.
“TransNamib en Botswana Rail bly toegewy aan hul vennootskap en verstandhoudingsooreenkoms. Ons werk aan maniere om dit in werking te stel,” het hy gesê.
Namibië en Botswana se regerings het in Maart 2014 ’n ooreenkoms vir ’n gesamentlike onderneming onderteken om die Trans-Kalahari-spoorlynprojek teen ’n koste van N$100 miljard suksesvol te voltooi.
Die spoorlyn van 1 500 km sou na verwagting binne vyf jaar voltooi wees en sou aanvanklik afhanklik wees van die jaarlikse uitvoer van 90 miljoen ton steenkool van Botswana af na Indië en China.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie