SA regering vat MRK hof toe oor regstel-aksie
SA regering vat MRK hof toe oor regstel-aksie

SA regering vat MRK hof toe oor regstel-aksie

Solidariteit het ’n aansoek gebring om die regering te dwing om die voorstelle van die MRK se gelykheidsverslag te implementeer.
William Horne – Die regering gaan die Menseregtekommissie (MRK) na die hooggeregshof neem oor dié menseregtewaghond se gelykheidsverslag.

Dit kom terwyl uitspraak Woensdag in die arbeidshof in Johannesburg voorbehou is in die saak wat die vakbond Solidariteit teen die regering gebring het.

Solidariteit het ’n aansoek gebring om die regering te dwing om die voorstelle van die MRK se gelykheidsverslag te implementeer nadat dit al vir 18 maande geïgnoreer is.

Dié verslag het bevind die Wet op Diensbillikheid en regstellende aksie word ongrondwetlik toegepas en bevorder in sy huidige formaat nié gelykheid nie.

Die MRK het wel in reaksie op Solidariteit se regstappe skielik in sy beëdigde verklaring gesê sy voorstelle is nie so streng as wat dit lyk nie, en moet eerder as “advies” gesien word.

Solidariteit, wat Woensdag in die hof moes regverdig hoekom sy aansoek steeds moet slaag as die MRK self dan skielik nie meer die gewig van sy eie verslag respekteer nie, is nou gevoeg tot die aansoek teen die MRK se gelykheidsverslag.

Die vakbond sal dit dus steeds saam met die MRK in die hooggeregshof verdedig.

Die regering voer aan hy is nie gebonde aan die gelykheidsverslag nie, maar wil wel die verslag na ’n ander hof neem om dit te laat hersien.

Volgens Solidariteit sal dit Hoofstuk 9-instellings irrelevant maak indien hul aanbevelings bloot geïgnoreer kan word.

“Ons is verstom dat die regering in die arbeidshof aanvoer hy is nie gebonde aan die MRK se verslag nie, maar terselfdertyd bring die regering ’n aansoek in die hooggeregshof dat die bevindinge en aanbevelings daarvan nietig verklaar word,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Die regering het 60 dae gehad om op die verslag te reageer. Dit is nou 18 maande later. Die regering het sy reg op hersiening verloor.”

Volgens Hermann is die kern van die MRK-verslag dat regstellende aksie meer genuanseerd toegepas moet word; dat behoefte en sosio-ekonomiese aanwysers in ag geneem word; en dat die manier waarop regstellende aksie toegepas word, aanleiding gee tot ’n praktyk van ongrondwetlike rassekwotas.

In die gelykheidsverslag van 12 Julie 2018 het die MRK aanbeveel die Wet op Diensbillikheid moet gewysig word en dat die regering binne ses maande ná die uitreiking van die verslag terugvoering moes gee oor hoe dit verander gaan word.

Die verslag beveel aan “die wet moet verder gewysig word om terug te keer na ’n posisie waar oorweging van ’n streek se ekonomies aktiewe bevolking in verhouding tot verteenwoordigende vlakke verpligtend en nie diskresionêr is nie”.

Die verslag van die MRK volg op aanbevelings van die Verenigde Nasies (VN) se komitee vir die uitskakeling van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) wat skerp kritiek op Suid-Afrika se stelsel van rassediskriminasie gelewer het.

Die aanbevelings van die VN-komitee kom nadat die departement van justisie en Solidariteit in 2016 voorleggings aan dié komitee in Genève, Switserland, gedoen het.

“Die regering het nog geen wysigings aan die Wet op Diensbillikheid aangebring nie ten spyte daarvan dat die land se menseregtewaghond bevind het ’n ongenuanseerde rassebenadering is ongrondwetlik. Om 18 maande te wag en dan ’n hersieningsaansoek te bring, is minagtend teenoor ’n instelling wat deur die Grondwet ingestel is, en minag ook die Grondwet self,” sê Hermann.

Adv. Tembeka Ngcukaitobi het namens sowel Thulas Nxesi, minister van arbeid en indiensneming, as die regering Woensdag in die arbeidshof aangevoer die MRK beskik nie oor die nodige gesag om die grondwetlikheid van wetgewing te bepaal nie, en nog minder om wysigings aan te beveel.

Ngcukaitobi het uitgevaar oor dié afwesige gesag, en veral verwys na die onlangse regstryd van adv. Busisiwe Mkwebane, openbare beskermer (OB), in die konstitusionele hof waar uitgewys is dat haar Hoofstuk 9-instellings nié die Grondwet kon bevraagteken nie.

Regter André van Niekerk het ook vir meeste van die hofverrigtinge uitgewys dat hy self twyfel oor die MRK se gesag om sulke harde voorstelle te maak.

Maar adv. Garth Hulley SC vir Solidariteit, het in sy slotbetoë uit die handves van die MRK voorgelees. Daarin, sê hy, is dit duidelik dat die MRK eintlik méér gesag het as die OB, in dat hy uitdruklik regstelling mag voorskryf as hy ’n skending van die Grondwet oplet.

En hier is die MRK-verslag ooglopend duidelik: art. 42 van die Wet op Diensbillikheid wat toegewysde groepe definieer, is uit-en-uit teenstrydig met art. 9 van die Grondwet wat aanvanklik as die basis vir dié einste wet gebruik is.

Van Niekerk se uitspraak word op 8 Oktober verwag oor of die MRK-verslag se voorstelle toegepas moet word. ’n Hofdatum vir die regering se aansoek tot die hooggeregshof is nog nie vasgestel nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.43 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 367.90/OZ UP +0.91% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.22% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.30/BBP DOWN -0.0162 | Platinum US$ 997.98/OZ UP +1.29% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.43 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.42 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 367.90/OZ UP +0.91% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.22% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.30/BBP DOWN -0.0162 | Platinum US$ 997.98/OZ UP +1.29%