SA ministers versoek om tweeling te help
SA ministers versoek om tweeling te help

SA ministers versoek om tweeling te help

Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith – Die Demokratiese Alliansie (DA) druk die Suid-Afrikaanse ministers van immigrasie asook van internasionale betrekkinge om standpunt in te neem teen Namibië se weiering om die pasgebore tweeling Maya en Paula Delgado Lühl in Namibië toe te laat.

In ’n verklaring Vrydag deur mnr. Darren Bergman, die DA se skaduminister van internasionale betrekkinge en samewerking, moedig hy die RSA se regering aan om “op te tree volgens sy buitelandse beleid wat gerig is op die beskerming en bevordering van menseregte op die vasteland van Afrika”.

Hy het beklemtoon Namibië se weiering om reisdokumente vir die tweelingdogters van die Namibiese burger mnr. Phillip Lühl en sy Mexikaanse eggenoot mnr. Guillermo Delgado uit te reik, is ’n skending van menseregte.

“Die DA doen ’n beroep op die Suid-Afrikaanse regering om in te gryp teen die Namibiese regering se weiering om reisdokumente uit te reik vir die babas wat in Suid-Afrika via ’n surrogaat gebore is.”

Hy voer aan die weiering van die dokumente wat nodig is om die tweeling en hul pa met hul gesin in Namibië te verenig, is weens “die homofobiese wette van die land wat nie huwelike van dieselfde geslag nie erken nie.”

Hy voeg by dat die babas oorspronklike Suid-Afrikaanse geboortesertifikate gekry het en dat die surrogaat deur die Suid-Afrikaanse hoërhof goedgekeur is wat die eggenote as ouers van die dogtertjies erken.

Bergman versoek me. Naledi Pandor, minister van internasionale sake en samewerking, asook minister Aaron Motsaelidi van binnelandse sake, om in te gryp.

Hy voer aan dat hul diplomatieke ingryping die sleutel is om “hierdie diskriminasie en skending van die menseregte van hierdie egpaar en ander egpare regoor die vasteland te stop.”

GEVEG NÁ GEVEG

Die dringende aansoek wat Lühl ingedien het om sy dogters huis toe te bring, is nie die paartjie se eerste keer in die Windhoekse hoërhof nie. Hulle wag op uitspraak in ’n ander saak wat verband hou met hul eis om burgerskap vir hul seun Yona, wat twee jaar gelede deur ’n surrogaat in Suid-Afrika gebore is.

In nog ’n saak het Delgado hom verlede jaar tot die hof gewend toe hy noodgedwonge Namibië op kort kennisgewing moes verlaat nadat ’n immigrasiebeampte opgemerk het dat hy met ’n man getroud is.

Terwyl hy toegelaat is om terug te keer, het die egpaar die saak na die hooggeregshof geneem nadat Delgado in ’n onlangse uitspraak domisilie in Namibië geweier is. Hy woon tans in Namibië op grond van ’n werkpermit.

In die saak van hul tweeling sal regter Thomas Masuku sy uitspraak op 19 April lewer.

Die ministerie van binnelandse sake het Vrydag in ’n verklaring sterk ontken dat sy weiering om reisdokumente uit te reik enigsins diskriminerend is.

“Die idee dat die minister homofobies is of nie vir die kinders omgee nie, is onwaar.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.96 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.58 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.58 | USD to ZMW 27.24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 318.87/OZ UP +0.15% | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0121 | Zinc US$ 2 916.80/T DOWN -1.26% | Brent Crude Oil US$ 83.96/BBP UP +0.49% | Platinum US$ 975.25/OZ DOWN -0.0034 Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Weather: Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.96 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.58 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.58 | USD to ZMW 27.24 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 318.87/OZ UP +0.15% | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0121 | Zinc US$ 2 916.80/T DOWN -1.26% | Brent Crude Oil US$ 83.96/BBP UP +0.49% | Platinum US$ 975.25/OZ DOWN -0.0034