SA, Mauritius lewer nuwe Afrika-kampioene
Namibië afwesig om titels te verdedig
Willie Smit van die Suid-Afrikaanse fietsryspan is die nuwe Afrika-padkampioen.
Die RoadCover-ryer het Sondag die 163.6 kilometer in Luxor, Egipte, in 3 ure 45 minute 54 sekondes voltooi nadat hy vooraf vierde in die tydtoets geëindig het.
Mauritius se Aurelie Halbwachs het die tydtoets én padren gewen in die afwesigheid van verlede jaar se dubbele kampioen, Vera Adrian van Namibië.
Namibië het vanjaar om verskeie redes nie 'n span na die kontinentale kampioenskap gestuur nie.
In Adrian se geval was sy onbeskikbaar vanweë haar professionele verpligtinge met haar nuwe span Dorma Kaba ter voorbereiding op die Cape Epic bergfietstoer.
Daar was ook nie heeltemal dieselfde dringendheid om teenwoordig te wees as in 2016, toe die Afrika-kampioenskap as 'n amptelike Olimpiese kwalifiserende byeenkoms gedien het nie.
Verder was die inkrimping in die regering se geldelike steun vir sportkodes 'n ewe bepalende faktor.
“Ons wou eintlik 'n junior span gestuur het ter voorbereiding op die Statebond Jeugspele later vanjaar in die Bahamas. Ons ondersoek nou alternatiewe opsies om vir ons ryers beter voorbereiding teen minder koste te bied,” sê mnr. Rolf Adrian, visepresident van die Namibiese Fietsryfederasie.
• Suid-Afrika het met altesame vyf medaljes teruggekeer.
Charlene Roux-Du Preez was in die vroue-afdeling derde in die padren.
Stefan de Bod was vroeër die week tweede onder die elite-ryers in die tydtoets oor 43 km. Hy was daarmee ook die eerste o.23-ryer oor die wenstreep. Hy was 26 sekondes stadiger as die wenner – Teshome Meron (in 00:53:16) van Eritrea.
Juanita Venter was derde in die vroue-tydtoets (29 km).
Die voorste uitslae:
VROUE PADRESIES (99.6 km)
1 Aurelie Halbwachs (Mauritius)
2 Kim Le Court (Mauritius)
3 Charlene Roux (RSA)
4 Zayed Ebtisam (Egipte)
MANS PADRESIES (163.6 km)
1 Willie Smit (RSA)
2 Meron Abraham (Eritrea)
3 Ahmed Galdoune (Marokko)
4 Temesgen Buru (Ethiopië)
VROUE TYDTOETS (29 km)
1 Aurelie Halbwachs (Mauritius)
2 Mossana Debesay (Eritrea)
3 Juanita Venter (RSA)
4 Zayed Ebtisam (Egipte)
MANS TYDTOETS (43 km)
1 Meron Teshome (Eritrea)
2 Stefan de Bod (RSA)
3 Awet Habtom (Eritrea)
4 Willie Smit (RSA)
– Netwerk24 en eie berig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie