SA man dalk 5 jaar uit Nepal verban
Suid-Afrika
Ryan Sean Davy (43), die Suid-Afrikaanse rolprentmaker wat Everest sonder ’n permit probeer klim het, word in Nepal aangehou.
Hy het hom Dinsdag aan die Nepalese departement van toerisme in Katmandoe oorgegee, waar die polisie hom ondervra en ’n besluit oor sy saak geneem sal word.
Die Nepalese amptenare het op Davy se paspoort beslag gelê en hy kan moontlik met sowat R289 000 (US$22 000) beboet word, terwyl hy ook tot vyf jaar verban kan word.
Permitte om die berg te klim kos sowat R144 000 (US$11 000) per persoon en dié geld word gebruik vir bergreddingsekspedisies en om klimtoue te span. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie